
VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT


Die Huis kom om 10:05 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

POLISIEMAN VAN MOORD AANGEKLA OP VREDENDAL

(Voorstel)

Mnr S E BYNEVELDT: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis, in die lig van die onlangse voorval op Vredendal waarin 'n polisieman tereggestaan het op 'n aanklag van moord nadat hy in Junie 1997 'n persoon in die agterkop geskiet het, kennis neem van die woede van die plaaslike gemeenskap en die oorledene se familie, ...

Ek haal graag aan uit die Cape Argus van 6 Maart 2000 ...

Die SPEAKER: Orde! Die agb lid mnr Byneveldt kan nie in sy voorstel die voorstel motiveer nie. Ons sal ons in die toekoms meer streng moet hou by die Rels. Die agb lid kan die inhoud van die voorstel stel, maar sonder motivering. Die agb lid mnr Byneveldt mag voortgaan.

Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, op 'n punt van order: ek gaan totaal akkoord met u beslissing. Ek wil u egter herinner aan wat vroer vandeesweek in die Huis gebeur het, toe die agb lid mnr Louis sy voorstel gestel het en totaal gemotiveer het, sonder enige onderbreking.

Die SPEAKER: Orde! Ek dink dit was die agb lid mnr Durr gewees. Die Speaker het daarop gewys dat hy op een punt te ver gegaan het. Die Stoel wil graag die voordeel van enige twyfel aan agb lede gee. Ek vra bloot agb lede se samewerking. As dit in die toekoms 'n probleem word, sal die Stoel baie sterker standpunt moet inneem. Die agb lid mnr Byneveldt mag voortgaan.

Mnr S E BYNEVELDT: Baie dankie, mnr die Speaker. Ek vervolg met my voorstel:

... en dat die Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning gister met sy inset moontlik glad nie hiervan bewus was nie, alternatiewelik nagelaat het om dit hoegenaamd in berekening te bring, en vervolgens dat die Huis - 

(1)	sy medelye betuig met die familie van die oorledene;

(2)	die Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning versoek om 'n ondersoek na die voorval te gelas; en

(3) homself opnuut verbind tot vrede en voorspoed vir almal, tot nasiebou en tot die uitroei van rassisme, waar en in watter mate dit ook al mag voorkom.

Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar teen die voorstel? [Beswaar.] Aangesien daar besware is, sal die voorstel op die Ordelys verskyn. [Tussenwerpsels.] Orde!

HUIS IN KOMITEE:

Die Voorsitter van Komitees neem die Stoel in.

WES-KAAPSE BEGROTINGSWETSONTWERP, 2000

(Komiteestadium hervat)

Begrotingspos 5 - Onderwys

Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: [Onhoorbaar.]

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Me die Voorsitter, ten eerste wil ek die agb Leier van die Opposisie graag antwoord. Die DP is op grondvlak besig om saam met arm gemeenskappe te werk. 

Toe prof Servaas van den Bergh van die Universiteit van Stellenbosch op 28 Februarie sy terug- en vooruitskouende ontleding van die provinsiale Begroting aangebied het, het hy verkies om die omstandighede van die Onderwysdepartement te beklemtoon. Dit was vir my 'n verassing; ek het dit nie verwag nie. Sy ontleding het tot die gevolgtrekking gekom dat die uitsette van die Onderwysdepartement oor die hele spektrum van meetbare veranderlikes aansienlik toegeneem het, ten spyte van 'n rele vermindering van 24% oor drie jaar in die onderwysbegroting.

Ek kan natuurlik hoegenaamd geen eer vir hierdie prestasie aanvaar nie. Dit is grootliks as gevolg van optredes en strategie wat voor my tyd onderneem is. Ek wil daarom baie opreg hulde bring aan diegene wat kan aanspraak maak op lof vir hierdie prestasie, veral die amptenare in die departement wat vandag hier is - mnr Brian O'Connell, Hoof van Onderwys; mnr Brian Gilbert, Adjunkdirekteur-generaal van Onderwys: Verskaffing; en mnr Johan Fourie, die Adjunkdirekteur-generaal: Administratiewe Dienste. Op die terrein van meer produktiwiteit en groter doeltreffendheid moet ek spesiale melding maak van mnr Andries van Niekerk, Finansile Bestuurder, wie se sagmoedige, dog ferm, leiding grondliggend was aan hierdie prestasie. Ek wil ook my dank betuig teenoor al hul senior kollegas.

Me die Voorsitter, groot lof moet ook gaan aan my voorganger, die huidige agb Minister van Gesondheid, wat nou soortgelyke stappe in die Departement van Gesondheid doen. Hy besoek vandag klinieke in die Suid-Kaap en het sy verskoning aangebied omdat hy nie teenwoordig is nie. Amptenare en personeel in skole, waarvan party onder baie moeilike omstandighede buitengewoon goed vaar, moet in hierdie triomf deel.

*Mnr C M DUGMORE: Is dit 'n DP-besoek aan die Suid-Kaap?

*Die MINISTER: Dit is 'n Ministerile besoek, maar almal weet dat die DP iets vir die armes doen. [Tussenwerpsels.]
Ek sal binnekort terugkeer na die beleidsimplikasies wat na my mening uit prof Van den Bergh se ontleding spruit.

Me die Voorsitter, ek wil eers aandag gee aan die onmiddellike taak voorhande, wat 'n kort terugblik is op wat ons oor die afgelope nege maande gedoen het, en wat ons in die jaar vorentoe beplan om met ons begrotingstoekenning van R4 miljard te doen. [Tussenwerpsels.] As agb lede wil omsien na die belange van die belastingbetalers, sal hulle luister.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Agb lede moet die agb Minister asseblief toelaat om haar toespraak te lewer. Die agb Minister mag voortgaan.

*Die MINISTER: Me die Voorsitter, as 'n mens al die verhewe uitsprake in visie- en missiestellings wegneem, is dit die hoofdoel van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement om van gehalteonderwys die norm te maak in al die opvoedkundige inrigtings waarvoor ons verantwoordelik is.

Daar l nog baie werk voor voordat ons daardie oogmerk verwesenlik. As ons hulle aan objektiewe standaarde soos hul prestasie in internasionale maatstafstudies en olimpiades meet, is party van ons openbare skole van wreld gehalte. Ander is waarskynlik onder die swakstes in die wreld, hoewel ons geen amptelike maatstawwe het om dit objektief vas te stel nie.

Die uitdaging vir ons is om te verseker dat goeie skole uitstekend bly, terwyl swak skole hul prestasie dramaties verbeter. Al ons werk is daarop gemik om hierdie gesamentlike oogmerk te verwesenlik.

Me die Voorsitter, hoe gaan ons te werk? Ten eerste moet ons al die redes vir swak prestasie begryp, en ons moet die probleem noukeurig en eerlik omskryf. Dit is te maklik en eenvoudig om slegs die nalatenis van apartheid te blameer. Dit is inderdaad so dat baie van die blaam voor die deur van beleidsrigtings van die verlede gel kan word, maar dit verklaar nie die groot verskille in prestasie tussen verskeie histories benadeelde skole nie. Daar word erken dat party baie goed is - selfs uitmuntend - ondanks ernstige hulpbronbeperkinge en historiese nadele.

Ander het beduidende insette ten opsigte van hulpbronne met private en openbare bronne ontvang, en het in gebreke gebly om hul prestasie te verbeter. Dit is duidelik dat ons verder as die polities korrekte verduidelikings vir swak prestasie moet gaan en na die veelkantige redes vir mislukking in al die kompleksiteit daarvan moet kyk. As ons nie eerlik is omtrent die probleem nie, kan ons nooit met volhoubare oplossings vorendag kom nie. Hierdie grondliggende waarheid is herhaaldelik bevestig tydens my besoeke sowat 103 skole tydens my ampstermyn tot dusver.

Me die Voorsitter, as al die internasionale lektuur oor gehalte in onderwys tot die kernbeginsels gereduseer word, sou daar eenstemmigheid wees oor drie noodsaaklike vereistes sodat goeie onderrig kan geskied. Dit staan in Engels as die drie Ts bekend: "Time", oftewel tyd, "Teacher", oftewel leerkrag en "Text", oftewel studiebronne.

Tyd word dikwels uit die oog verloor, maar dit is 'n noodsaaklike element in opvoeding. Die beskikbare navorsing dui daarop dat die meeste studente die meeste onderwerpe kan bemeester indien hulle genoeg toegewysde onderrig- en leertyd het om dit te doen.

Ten tweede het hulle toegewyde onderwysers nodig wat vertroue het in hul begrip van die leerplan en oor goeie inhoudelike vakkennis beskik wat hulle goed kan oordra. Dit help gewoonlik as onderwysers gekwalifiseer is, maar party ongekwalifiseerde onderwysers doen geweldig moeite met hul werk en verrig 'n goeie taak, terwyl daar gekwalifiseerde onderwysers is wat ver van bevredigend vaar.

Die belangrikste verskil tussen goeie en swak onderwysers is die mate waartoe hulle verantwoordelikheid aanvaar en hulself rekenpligtig beskou vir die prestasie van hul leerders. Goeie onderwysers loop, indien nodig, die ekstra 10 myl saam, en daar is duisende sulke onderwysers in die Wes-Kaap. Ek bring vandag ook aan hulle almal hulde.

Ten derde het studente voldoende studiemateriaal nodig. Dit kan uit verskeie bronne kom. Ons is tradisioneel gewoond aan handboeke, maar toegang tot die Internet, fotostaatmasjiene, en so meer, het ons begrip van wat studiemateriaal beteken, uitgebrei en verander - dit omvat 'n verskeidenheid van bronne en hulpbronne.

Me die Voorsitter, hoewel dit vanselfsprekend vir die onderwyspoging baie nuttig is om baie ander elemente te bevat, is tyd, leerkragte en studiemateriaal die drie noodsaaklike steunpilare. As hierdie drie gebrekkig is, sal bykans alle ander beleggings 'n geringe opvoedkundige uitwerking h. Hoewel die basiese bestanddele so eenvoudig klink, is dit uiters moeilik om die kombinasie van al drie regdeur 'n onderwysstelsel te bewerkstellig.

Hierdie dinge gebeur nie net nie; dit verg onder meer 'n groot klomp beplanning vir studente met 'n verskeidenheid uiteenlopende behoeftes; begroting; leerplanontwikkeling; die voorbereiding en lewering van materiaal; infrastruktuur en ander hulpbronne; die daarstelling van 'n omgewing wat bevorderlik is vir werk; die evaluering van onderwysuitsette; en die gestruktureerde kordinasie van hierdie pogings.

Me die Voorsitter, die suksesvolle kombinasie van al hierdie faktore is die uitdaging waarvoor bestuur te staan kom. Selfs in 'n enkele skool verg dit goeie bestuur om die kombinasie van omstandighede reg te kry sodat doeltreffende onderrig en studie kan plaasvind.

Ons in die WKOD het derhalwe ses noodsaaklike suksesfaktore bepaal wat ons moet regkry ten einde gehalteonderwys te lewer. Hierdie ses faktore, wat nie slegs deur die provinsiale Kabinet en deur hierdie Huis goedgekeur is nie, maar deur die nasionale Minister van Onderwys, stel ons raamwerk vir die inwerkingstelling van Tirisano daar.

Me die Voorsitter, hierdie suksesfaktore, wat ook die riglyne verskaf vir ons begroting, is die volgende. Ten eerste, om goeie tydbestuur - of "tyd aan taak" - regoor ons stelsel en veral in al ons skole te vestig. Dit beteken om te verseker dat al ons leerlinge elke jaar ongeveer 200 dae van volle onderrig en studie kry. In die algemeen is dit onder die standaard in lande wat deur uitmuntende onderwysprestasie gekenmerk word, maar heelwat hor as wat baie van ons skole tans handhaaf.

Ons moet 200 dae van volle onderrig en studie per jaar die basiese minimum maak, afgesien van sportkompetisies, koorkompetisies, besoeke deur internasionale ontwikkelingskundiges, die oorhandiging van pryse, St John's Ambulansprojekte, Waterweek, Boomplantdag of enige ander gebeure wat tussenbeide mag tree.

Ons tweede oogmerk is om maatstawwe daar te stel om gehalte regdeur ons onderwysstelsel te verseker. Dit is nodig om ons huidige situasie te omskryf, hindernisse in die pad van gehalte te identifiseer en vordering in die oorkoming van hierdie hindernisse te meet.

Me die Voorsitter, ons derde prioriteit is om te konsentreer op kernareas van die leerplan, naamlik wetenskappe, met inbegrip van wiskunde, wetenskap en inligtings- en kommunikasietegnologie; tale; lewensvaardighede, met 'n spesifieke klem op MIV/Vigs; en die volledige ontwikkeling van die Verdere Onderwys- en Opleidingskategorie.

Ons vierde prioriteit is om daaraan te werk dat ons skole veilige omgewings vir onderrig en studie word.

Ten vyfde wil ons konsentreer op gepaste infrastrukturele ontwikkeling en ten sesde wil ons doeltreffende skoolgebaseerde bestuur vestig, wat meer gewig en rekenpligtigheid vir prestasie bring na die plek waar doeltreffende onderrig en studie moet plaasvind.

Me die Voorsitter, hierdie ses faktore word almal as vanselfsprekend in ons goeie openbare skole aanvaar. As ek hierdie raamwerk by verskillende forums aanbied, s verteenwoordigers van hierdie skole aan my dat dit alles baie vanselfsprekend is; dit is onmoontlik om 'n behoorlike skool daarsonder te bestuur. Dit is natuurlik waar, maar dit is ook waar dat slegs 'n minderheid onder ons skole hierdie sake as vanselfsprekend kan aanvaar. Omdat ons daartoe verbind is om die onderwysgeleenthede van die armes te transformeer, streef ons daarna om hierdie basiese omstandighede in al ons skole te skep. Wat deur party skole as vanselfsprekend aanvaar word, is vir ander 'n baie ambisieuse teiken. Dit is sekerlik vir ons 'n baie ambisieuse teiken om hierdie omstandighede na alle skole uit te brei.

Mnr die Voorsitter, in die WKOD praat ons van skoolontwikkeling as 'n deurlopende proses van A tot Z. Ons ses prioriteite neem ons slegs van A tot F. Hulle is daarop gemik om die noodsaaklike basiese elemente te vestig. Dit beteken nie dat ons met bloot die basiese elemente tevrede is nie. Ondervinding het geleer dat sodra die basiese elemente gevestig is, skole die momentum skep wat hulle met ons ondersteuning op die ononderbroke pad van ontwikkeling aandryf.

Ons gaan derhalwe voort daarmee om skole wat oor die vermo beskik om dit te doen, aan te moedig om verder te gaan as ons ses kritiese suksesfaktore, al met die onafgebroke proses langs. Baie van ons skole is besig om dit te doen en kan met die beste skole in die wreld meeding. Ons sal sekerlik hul voortgesette verbetering aanmoedig, maar ons grondwetlike verpligting is om ons daarvoor te beywer om te verseker dat alle kinders toegang het tot 'n behoorlike basiese opvoeding.

Mnr die Voorsitter, ons inwerkingstellingsplan vir Tirisano wat ek so pas uiteengesit het, het ons ten opsigte van ons begroting gelei, en dit sal ook 'n leidende rol vervul ten opsigte van 'n belangrike ontwikkeling in die maande vorentoe. Dit sal 'n wesenlike herstrukturering van ons departementele hoofkantoor en nege areakantore behels ten einde ons bestuurstelsels te verbeter en ons in staat te stel om meer met minder te doen en, veral, 'n beter diens aan ons skole te lewer.

Die WKOD het 'n struktuur gerf wat 'n hoogs gesentraliseerde bestuursmodel ondersteun het, wat in stryd is met die basiese oogmerk van die Suid-Afrikaanse Skolewet, naamlik dat skole en hul gemeenskappe 'n groter verantwoordelikheid vir hul groei en ontwikkeling moet aanvaar.

Organisasie- en Werkstudie het reeds met die funksionele ontleding van die WKOD begin en behoort die tegniese prosesse teen die einde van April te voltooi. Daarna sal ons die voorgeskrewe wisselwerking met arbeid volg, en ons hoop dat dit die voltooiing van die proses teen die derde kwartaal van hierdie jaar sal vergemaklik. Dit is 'n baie ambisieuse teiken, en ek wil graag al my senior kollegas, veral mnr O'Connell, bedank vir die sleutelrol wat hulle in hierdie proses vervul en, lank voordat ek op die toneel verskyn het, vervul het.

Mnr die Voorsitter, in ons pogings om die basiese elemente daar te stel, het ons ook verskeie sleutelaannames gemaak, waaroor ek voorheen in die Huis gepraat het. Ek het byvoorbeeld daaroor gepraat dat dit nodig is om in 'n omgewing van skaars hulpbronne moeilike keuses tussen strydende prioriteite te maak, asook oor ons aanname dat ons meer sal bereik deur openbare/private vennootskappe aan te moedig.

Vandag wil ek 'n punt oor 'n ander kernbelangrike aanname maak - dat die meeste mense inherent agente is, en nie slagoffers nie, wat die omstandighede van hul geskiedenis ook al is. Mense het dit herhaaldelik onder die mees troostelose omstandighede bewys. Hulle het beheer van hul situasie geneem en hulle het medeverantwoordelikheid aanvaar vir die verbetering van hul omstandighede.

Mnr die Voorsitter, dit is hierdie dryfkrag, wat ons glo 'n kenmerk is van die oorgrote meerderheid van mense, wat ons in die WKOD regoor ons onderwysstelsel wil aanmoedig en ondersteun. Dit is duidelik nie moontlik in die opposisiebanke nie; hulle is nie eens bereid om na die punt te luister nie. Dit hou belangrike beleidsimplikasies in, waarvan die belangrikste is dat ons aansienlike moeite sal doen met en ondersteuning verskaf aan daardie histories benadeelde skole wat aan die hand van verskillende noukeurig gekose aanwysers wys dat hulle 'n doelgerigte poging aanwend om die basiese elemente daar te stel en 'n goeie diens aan hul studente te lewer.

Ons sal daarom aansporingsmaatrels verskaf vir goeie prestasie, en strafmaatrels vir swak prestasie en opleiding voorsien om prestasie te verbeter, maar ons sal verwag dat daar sigbare resultate moet wees. Ons sal nie aanhou om swak prestasie te beloon en eindelose verskonings daarvoor aan te bied nie. Dit is nie hoe ons transformasie omskryf nie. Ons wil nie 'n permanente gevoel van slagofferskap aanmoedig of inskerp nie.

Mnr die Voorsitter, dit was niemand anders nie as die voormalige nasionale Minister van Onderwys, prof Sibusiso Bengu, wat dit die beste uitgedruk het in 'n diepte artikel wat hy vir Business Day geskryf het en wat op 12 Maart 1999 verskyn het nie. Hy het oor hor onderwys geskryf, maar sy woorde is van toepassing op alle onderwysinrigtings. Hy het ges, en ek haal aan:

	It has become a norm for some administrators and managers of historically disadvantaged education institutions to invoke history to hide - and in the process run dangerously close to justifying - patent mismanagement. 
Prof Bengu het hierdie punt demonstreer deur spesifiek te verwys na die inrigting waarvan hy eens die hoof was, die Universiteit van Fort Hare, 'n eens groot Suid-Afrikaanse Universiteit, wat oor baie jare duidelik 'n neiging getoon het wat daarop gedui het dat die hulpbronne wat in daardie inrigting bel is, omgekeerd eweredig was aan die opvoedkundige uitsette.

Prof Bengu het tot die slotsom gekom dat dit eintlik gegaan het oor swak bestuur wat volgens hom 'n baie belangriker faktor as finansile beperkinge was. In 'n verwerping van daardie universiteit se eise vir meer geld, het hy ges dat dit sou daarop neerkom om geld in 'n geldsnippermasjien te druk as 'n mens aan daardie eis sou voldoen. Die daaropvolgende gedetailleerde verslag deur 'n onafhanklike kommissie wat ondersoek ingestel het na die toedrag van sake by Fort Hare, het prof Bengu se ontleding bevestig.

Mnr die Voorsitter, ek gee nie voor dat baie van ons skole nie gebuk gaan onder ernstige hulpbronbeperkinge nie - hulle gaan - en die omstandighede van baie van hulle sou wesenlik verbeter het indien hulle meer gehad het. Daar is egter nie 'n verhouding van oorsaak en gevolg tussen hulpbronne en prestasie nie.

Mnr Y GABRU: [Onhoorbaar.]

Die MINISTER: Ek het probeer om hom dit in Guguletu te vertel. [Tussenwerpsels.]

Goeie bestuur is die sleutel tot die verandering van finansile hulpbronne in 'n opvoedkundige belegging. Dit word regdeur ons skoolstelsel gedemonstreer in bykans elke projek wat ons aanpak. Agb lede sou in Woensdag se Cape Argus 'n berig gesien het oor die lewende hel van die Sekondre Skool Voorbrug in Delft. Dit was een van die eerste horisikoskole wat verlede jaar deur ons Veilige Skole-program gedentifiseer is. Dit was een van 83 sodanige skole.

Mnr die Voorsitter, ons het aansienlike hulpbronne in al daardie skole bel, en in die meeste van hulle was daar beduidende verbeterings, wat die gevolg is van 'n kombinasie van hulpbronne en goeie bestuur. Voorbrug is een van die uitsonderings.

Ek het samesprekings gevoer met mnr Eugene Daniels, die uitstekende bestuurder van die Veilige Skole-program, en ons gemeenskaplike gevolgtrekking is dat dit nie die situasie sal verbeter as meer hulpbronne in Voorbrug se veiligheidsprogram gepomp word nie. Die antwoord l in 'n volledige opknapping van die bestuur van daardie skool. Om meer geld daarin te stort sou, in prof Bengu se woorde, daarop neerkom om geld in 'n geldsnippermasjien te druk.

Mnr die Voorsitter, hierdie Huis is daarvan bewus dat ons die Norme en Standaarde vir die Finansiering van Skole inwerking gestel het, ingevolge waarvan die armste openbare skole nou in drie uitgawekategorie sewe maal meer ontvang as die rykste openbare skole. Hierdie kategorie is leerdersteunmateriaal, lopende besteding en roetine onderhoud. Ons ondersteun die veldtog vir groter billikheid ten volle, maar ons moet ook verseker dat dit 'n uitwerking op onderwysersgehalte het.

Ons is nou besig om meganismes te ontwikkel wat, hoop ek, ons in staat sal stel om die uitwerking van hierdie herverspreiding op onderwysersgehalte te toets. Ons sal moniteer of daar 'n afname in gehalte is in benadeelde skole wat hulpbronne verloor het, en of hulle in staat is om hul prestasie te handhaaf en selfs, indien moontlik, te verbeter. Ons wil die ontleding wat prof Van den Bergh van die WKOD gemaak het - en prof Bengu van Fort Hare gemaak het - na individuele skole uitbrei. Ons sal veral kyk of daar 'n ooreenstemmende verbetering in prestasie is onder skole wat meer geld ontvang. Ons beleid is nie om goeie geld agter slegte geld aan te gooi nie.

Mnr die Voorsitter, ek wil ons ses kritiese suksesfaktore graag kortliks oorweeg in die lig van die vordering wat ons oor die afgelope agt maande gemaak het en die vordering wat ons hoop om in die volgende 12 maande te maak.

Ten eerste wil ek na tyd aan taak verwys. Omdat swak tydbestuur een van die algemene redes vir swak onderwysuitsette is, wou ons die mate bepaal waartoe dit 'n faktor is in ons skole wat swak vaar. Omstandigheidsgetuienis dui daarop dat dit 'n probleem is. Ons het almal die ervaring gehad dat 'n mens in werkersklasomgewings rondry en groot getalle jong mense in skooluniforms regdeur die oggend op straat sien rondloop en f laat by die skool aankom, f vroeg daar weggaan. Ek het ook gereeld die ervaring gehad dat ek klaskamers besoek en geen onderwyser daar aantref nie.

Op 4 Desember 1999 het ons die hoofde van party van ons skole wat die meeste in risiko verkeer na 'n slypskool uitgenooi waar ons die uitdaging van tydbestuur bespreek het en hulle versoek het om 'n ouditvraelys te voltooi wat ons in staat sou stel om die omvang van hierdie probleem by hul skole te bepaal.

Mnr die Voorsitter, die bevindings is duidelik - die probleem is ernstig. Al die skole, en baie ander, afgesien van hulle, het 'n gedetailleerde tyd aan taak bylae ontvang wat deur dr Frans Booyse saamgestel is om hulle in die jaar 2000 met tydbestuur te help. Ons evalueer die uitwerking van hierdie ingryping, maar tot dusver is my inligting dat dit nie die gedrag van leerders benvloed het wat nog steeds tot 40 dae laat opdaag vir die begin van 'n kwartaal of gereeld laat in die oggend by die skool opdaag en vroeg weggaan nie. Ek het dikwels by skoolhekke met leerders gepraat wat tot drie ure laat kom, en hulle s gereeld aan my dat hulle verslaap het; dit is die mees algemene rede.

In party gevalle spruit die laat begin met die skooljaar uit die feit dat studente laat uit die Oos-Kaap terugkeer, en hierdie swak praktyk word algemeen as 'n geldige verskoning beskou. Ons kan dit nie aanvaar nie, watter redes ook al verstrek word. Meer en meer leerders kom uit die Oos-Kaap omdat hulle goeie onderwys wil ontvang. Ons verwelkom hulle, hoewel die subsidie om hul onderrig te ondersteun aan die Oos-Kaapse Regering betaal word, wat ons stelsel onder groter en groter druk plaas.

Mnr die Voorsitter, hierdie studente moet begryp dat daar nrens enige toorkrag aan skole verbonde is nie; hul geografiese ligging bepaal nie hul kanse om te slaag nie. As studente nie skouer aan die wiel sit en toegewyd raak nie, sal hulle nie behoorlike onderwys kry nie, ongeag of hulle in Kaapstad, Bisho of Washington is.

Ek het met skoolhoofde en opvoeders gepraat wat s dat hulle magteloos is om hierdie gebruike te verander en by my gepleit het om lyfstraf weer in te stel om hulle te help om stiptelikheid in hul skole te vestig. Ons ondersteun nie lyfstraf nie, maar ons sal baie meer moet doen om ons toegewyde skoolhoofde met hierdie uiters moeilike taak te help.

Mnr die Voorsitter, net gister, toe die skoolhoof en beheerliggaam van die Horskool Phakama in Crossroads wagte by hul hek geplaas het en probeer het om 'n ooreenkoms af te dwing om studente te verhoed om die perseel tydens skooltyd te verlaat, het studente die skoolhoof se kar met klippe bestook en chaos veroorsaak wat deur polisie ingryping onder beheer gebring moes word. Ons moet baie ernstig kyk na hoe ons 'n kultuur van persoonlike verantwoordelikheid en rekenpligtigheid vestig as die grondslag van ons onderwysstelsel. Leerders moet begryp dat dit hul verantwoordelikheid is om te leer; onderwysers moet onderrig en bestuurders moet bestuur.

Mnr die Voorsitter, nog 'n praktiese stap wat ons gedoen het om tyd aan taak te vestig was om 'n gedetailleerde leergangbeplanner saam te stel vir die matriekvakke wat vanjaar oor die algemeen die meeste geneem word. Die doel was om alle opvoeders, leerders en ouers te bemagtig met 'n begrip van die bestek van die werk wat hulle elke week tydens Graad 12 moet dek ten einde die matriekleerplan te voltooi.

Dit is 'n baie belangrike tydbestuursinstrument en ek wil die Cape Argus en Sanlam in die openbaar van harte bedank vir die ondersteuning wat hulle aan hierdie projek gegee het, asook vir mnr Theo Smit, wat aan die spits gestaan het van die inwerkingstelling daarvan in die departement. Dit is baie goed ontvang en sal nou dien as 'n model vir soortgelyke projekte in ander provinsies. Ons sal hierdie jaarbeplanner uitbrei om meer matriekvakke en ander grade te dek. Ons hoop dat ons dit 'n standaard kenmerk van ons onderwysbeplanning steun aan skole sal kan maak.

In die komende jaar sal ons voortgaan met die inwerkingstelling van ons tydbestuurplanne, maar sake is nie so maklik soos dit klink nie. Dit sal baie tyd in beslag neem om hierdie eenvoudige oogmerk in baie van ons skole te bereik, maar ons sal nie ophou om te probeer nie.

Mnr die Voorsitter, ons tweede suksesfaktor is die daarstel van maatstawwe om neigings ten opsigte van gehalte in skole te meet. Ons het 'n groot klomp werk hieraan gedoen, en hier moet ek spesiale melding maak van my kollegas, me Linda Rose en mnr Dennis Pillay, wat so hard gewerk het om duidelike, meetbare maatstawwe daar te stel en dit om te skakel in aanwysers van goeie praktyk.

Ons het hierdie week ons finale samesprekings met vakbonde oor hierdie baanbrekersdokument gehad, en dit sal van die begin van volgende kwartaal af in al ons skole ingestel word. Ek beoog hoegenaamd nie om mnr Don Pasquallie se geloofwaardigheid te vernietig deur hom in die openbaar te bedank vir sy baie opbouende bydrae in hierdie proses nie, en dus sal ek dit nie doen nie. [Tussenwerpsels.] Dit is voldoende om te s dat ons 'n baie groot mate van vordering gemaak het.

Mnr C M DUGMORE: [Onhoorbaar.]

Die MINISTER: Ek wil graag aan die agb lid mnr Dugmore s dat die hele Sadou baie hulpvaardig was - anders as die ANC.

Mnr C M DUGMORE: [Onhoorbaar.]

Die MINISTER: Wel, die agb lid doen dit nie, maar ek doen dit. [Tussenwerpsels.]

Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr D Silke): Orde!
Die MINISTER: Dit is u koalisie.

Mnr die Voorsitter, die hoofoogmerk van hierdie meetinstrument is van ontwikkelingsaard, maar ons sal ook goeie prestasie regoor hierdie maatstawwe gebruik om die toewysing van aansporingsmaatrels en sekere hulpbronne aan skole te bepaal. As ons byvoorbeeld inligtingstegnologie aan skole verskaf, sal ons voorkeur verleen aan alle histories benadeelde skole wat wys dat hulle begin om die basiese elemente daar te stel en besig is om goeie bestuurstelsels te ontwikkel.

Ons sal in die jaar wat kom bykomende maatstawwe instel, veral die lukrake gestratifiseerde toetsing aan die einde van Graad 3 om te bepaal of ons leerlinge besig is om die vereiste leesvaardighede op te bou, indien nie, waarom nie en te bepaal wat daaromtrent te doen. Ons hoop dat ons ook in die jare wat voorl toepaslike maatstawwe aan die einde van Grade 6 en 9 sal kan instel. Ons beskou 'n gepaste nasionale eksamen aan die einde van Graad 9 as van spesifieke belang.

Mnr die Voorsitter, ons dink dit is 'n kwessie wat aansienlike kommer wek dat matriek tans die enigste nasionale maatstaf in ons onderwysstelsel is. Dit is deels waarom daar in hierdie land so 'n beheptheid met matriekuitslae is. 'n Eksamen wat afsluitingstandaarde bepaal, is in elke onderwysstelsel nodig, en ons ondersteun die behoud daarvan as 'n baie belangrike opvoedkundige maatstaf. As 'n land sal ons voortgaan om onbehoorlike waarde daaraan te heg, en 'n paar twyfelagtige gevolgtrekkings op grond van die uitslae te maak, totdat ons gepaste maatstawwe regoor 'n verskeidenheid veranderlikes op verskillende vlakke van ons onderwysstelsel het.

Ek probeer nie om matriek af te kraak nie; dit is 'n belangrike eksamen en moet behou word, en die baie mense wat so hard werk om te probeer om die Wes-Kaap se goeie geskiedenis te handhaaf, moet geluk gewens word. In hierdie verband moet ek spesifiek melding maak van die uitstekende eksamendepartement in die WKOD, met mnr Andr Clausen aan die hoof. Sy span se werk word as 'n model van goeie praktyk beskou en ek wens hulle geluk met volgehoue uitstekende prestasie.

Mnr die Voorsitter, ons derde prioriteit en kritiese suksesfaktor is klem op sleutelterreine van die leergang. Daar is so baie om op hierdie terrein te doen en so min hulpbronne tot ons beskikking. As die persoon wat hiervoor verantwoordelik is, het die Direkteur van Leergangbestuur, mnr Brian Schreuder, wondere verrig. Die klem van die afgelope jaar was op die voorbereiding van Kurrikulum 2005 in Grade 3 en 7, meer spesifiek op die voorbereiding van ons opvoeders vir die uitdaging en veranderinge wat dit inhou.

Die veldtog om 'n leergang in te stel, het ons vakadviesdienste en ons leergangdienste met baie min ekstra tyd vir enigiets anders gelaat. Opvoedkundiges regoor die wreld stem saam dat dit 'n groot taak is om 'n leergang te transformeer. Ek sal later terugkeer na die enormiteit van hierdie taak en party van die dinge waaroor ek bekommerd is.

Mnr die Voorsitter, ons het in hierdie projek spesiale klem gevestig op wiskunde, wetenskap en tegnologie, met spesifieke klem op Graad 7. In die komende jaar sal ons ook 'n klemingrypingstrategie vir Grade 10 tot 12 h, en veral konsentreer op skole wat ons as akademies "in risiko" gedentifiseer het.

Ons vakadviseurs bring gereelde besoeke aan hierdie skole om steun aan te bied en lei saamgevoegde groepsessies in die middae om die vermo uit te bou rondom die stel van interne skooleksamenvraestelle op gepaste vlakke, te help met eksamenvoorbereiding en ander ingrypings wat deur die onderwysers versoek word.

Ons ontwikkel ook 'n Vroue in Wetenskap en Tegnologie-projek om meisies aan te moedig om hierdie vakke te kies en daarmee te volhard, maar dit is nog grootliks in die beplanning stadium. Die Wiskunde Onderrigprogram by UK het ook 'n besonder ondersteunende rol vervul in wiskunde-onderrig by baie skole. Dit sal nog 'n groot klomp jare duur voordat ons dit reggekry het.

Mnr die Voorsitter, prestasie in wiskunde en wetenskap in baie van ons agtergeblewe skole, veral die voormalige DOO-skole is niks anders nie as rampspoedig as 'n mens na toetrede tot die wreldwye kundigheidsekonomie kyk. Beleidsrigtings van die verlede moet baie van die verantwoordelikheid dra, maar daar is heeltemal te min wat daarop dui dat skole self die rol vervul wat hulle moet om dit te verander.

Mnr die Voorsitter, toe ek onlangs matriekklasse by 'n horskool besoek het waar die matriekuitslae verlede jaar absoluut treurig was, het ek gesien dat die matriekwiskundeklas ledig rondgesit het omdat hul onderwyser weg was na 'n Ussasa-vergadering om 'n sportbyeenkoms te beplan. Ek is heeltemal ten gunste van sport in ons skole, maar dit moet waarde byvoeg tot die kernleergang, en dit nie vervang nie, soos al te dikwels die geval is.

Dit help nie dat ons studente goed word in sport, maar nie funksioneel geletterd en syfervaardig is nie. Ten spyte van wat sprekers gister hier ges het, word lees en skryf in baie van ons skole meer verwaarloos as sport - en dit is 'n feit.

Mnr die Voorsitter, wat die tale betref, het ons maatstawwe vir die Grondleggingsfase daargestel en die Beleidsreserwefonds gebruik om betekenisvolle navorsing te doen ten opsigte van die behoeftes van veeltalige klaskamers. Dit is 'n voortdurende proses, aangesien toenemende getalle van ons skole voor die wesenlike maar gesonde uitdaging in ons gemeenskap te staan sal kom.

In vennootskap met die Rotarirs bedryf ons programme in 100 laerskole om die vermo van onderwysers uit te bou om taal te onderrig, en in vennootskap met READ sal ons 'n groot geletterdheidsprojek in sowat 40 laerskole instel. Daar bestaan by my 'n beduidende mate van kommer oor basiese geletterdheidsvlakke in ons skole en ons moet identifiseer presies wat ons moet doen om 'n veel hor geletterdheidsvlak te verseker as wat ons tans op laerskoolvlak bereik.

Mnr die Voorsitter, wat lewensorintering betref, poog ons om dit as 'n sentrale komponent van die leergang te hervestig. As 'n nie-eksamenvak was dit een van die groot slagoffers van die rasionalisasieproses en dit het veral in horskole die volle geweld van hierdie proses gevoel. Dit wek aansienlike kommer, want dit is op hierdie opvoedingsterrein wat ons die nodige klem op MIV/Vigs-onderrig kan plaas.

Mnr die Voorsitter, NROs help ons geweldig met hierdie poging, en hulle besoek skole en bestuur programme terwyl ons opvoeders probeer oplei en MIV/Vigs-onderrig van Graad 1 af verder in die leergang probeer integreer. As ek 'n horskool besoek en agterkom dat daar nie 'n MIV/Vigs-program is nie, probeer ek om te verseker dat 'n gepaste NRO daardie skool onverwyld besoek om 'n basiese inligtings- en opleidingsprogram vir die leerders en personeel aan te bied.
Mnr die Voorsitter, ons het nou 'n volledige laerskoolleergang ontwikkel en die opleiding van die hoofonderwysers het begin. Ons hoop om hierdie program onverwyld in alle skole in werking te stel. Daar is steeds in sommige skole ontstellende getuienis dat hierdie siekte nie ernstig opgeneem word nie, en ons sal doen wat ons ook al kan om te verseker dat ons leerders die verantwoordelikheid vir hul gesondheidstatus en di van ander aanvaar. Ons hoop dat ons in die maande wat voorl 'n voltydse Vigs-onderrigkordineerder sal kan aanstel wat deur die nasionale departement befonds sal word, en ek wil hulle van harte bedank vir hierdie bystand.

Mnr die Voorsitter, nog 'n groot uitdaging in die jaar wat voorl, is om 'n samehangende plan te ontwikkel om te verseker dat alle onderwysers die 80 uur indiensopleiding buite skoolure kry wat hulle ingevolge 'n ooreenkoms met die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys moet kry. Ek is vasbeslote om te verseker dat hierdie opleiding direk verband hou met die kernleergang op elke vlak, die klem plaas op ons leergangprioriteite en dat alle opvoeders hierdie kursusse bywoon.

Wat die leergang betref, is dit ook noodsaaklik om op die verskaffing van handboeke te konsentreer. Dit is een van die terreine wat my die meeste kommer besorg. Ons het sowat R66 miljoen begroot vir leerderondersteuningmateriaal in gewone openbare skole in die komende jaar. Dit is sowat R10 miljoen meer as verlede jaar, maar dit is nog steeds nie naastenby genoeg nie.

Mnr die Voorsitter, dit bekommer my ernstig wanneer ek skole besoek en daar is nie toereikende leermateriaal, veral handboeke, nie, en dit is nog meer kommerwekkend om te sien hoe ontoereikend bestuurstelsels is om te verseker dat leerlinge wat na die volgende graad oorgaan, hierdie boeke terugbesorg vir hergebruik. As ons dit kan regkry, sal ons wesenlike besparings bewerkstellig en die beskikbare hulpbronne toelaat om veel verder te strek.

'n Nuwe en noodsaaklike terrein van leergangfokus is die Verdere Onderwys- en Opleidingskategorie, wat in die algemeen as Grade 10, 11 en 12 bekend staan. Hier is ons prioriteit om nuwe leerplanroetes te ontwikkel met spesifieke klem op beroepsgerigte, tegniese en vaardigheidsopleiding. Mnr Keith Loynes verdien spesiale melding vir die uitmuntende werk wat hy op hierdie terrein verrig. Ons is besig met die voorbereiding van 'n Konsepwetsontwerp op Verdere Onderwys en Opleiding wat in die komende jaar in hierdie Provinsiale Parlement ter Tafel gel sal word.

Ons konsentreer veral op die voorbereiding van ons tegniese kolleges om vroeg volgende jaar tot VOO-inrigtings verklaar te word. Ons voeg kleiner kolleges saam om betekenisvolle skaalekonomie in groter inrigtings te skep, en 'n goeie voorbeeld is die onlangse samesmelting van die Strand, Stellenbosch en Paarl Tegniese Kolleges om die Boland Tegniese Kollege te vorm. Met die aansienlike besparings wat ons in hierdie proses bewerkstellig, sal ons tegniese en beroepsgerigte onderrig uitbrei en nuwe leerplankeuses ontwikkel vir studente wat nie die tradisionele akademiese paadjies wil volg nie.

Mnr die Voorsitter, ons het geslaagde loodsprojekte vir leerplanontwikkeling onder toesig van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk bedryf, in samewerking met handel en nywerheid, op gebiede so uiteenlopend as meganiese ingenieurswese, sakestudies, herbergsaamheidstudies, haarsorg en kosmetologie. Ons is nou gereed om aan die gang te kom met die inwerkingstelling van die nuwe leerplanne, en ons wag slegs op die afhandeling van die nasionale raamwerk waarbinne ons ons planne in werking moet stel. Ons hoop dat die wagtydperk tot 'n einde begin kom, want dit raak ietwat frustrerend.

Ons sal ook probeer om nuwe leerplankeuses in gewone skole en in tegniese kolleges in te stel. Dit is 'n ontwikkeling wat gretig deur baie horskole afgewag word. Ten spyte van die uitmuntende werk van my kollegas in leerplanbestuur, oorskry die eise aan hierdie afdeling die beskikbare hulpbronne en ons moet probeer om hierdie toedrag van sake reg te stel.

Mnr die Voorsitter, ons vierde prioriteit en kritiese suksesfaktor is die skepping van skoolomgewings wat veilig is vir ons onderwysers en leerders. Die Veilige Skole-projek is in Februarie 1999 ingestel, bykans presies 'n jaar gelede, en dit het 'n paar merkwaardige suksesse behaal.

Teen Maart 1999 het die projek 83 skole genader wat beskerm is deur 'n ondoeltreffende en ondoelmatige stelsel van veiligheidswagte, en 'n skeppende ontwikkeling genaamd Oorbrug die Heining aan hulle bekend gestel. Die skole het ingestem tot die veranderende strategie en so is R11 miljoen beskikbaar gestel om die Veilige Skole-program te loods. Die WKOD het toe 'n bykomende R3,1 miljoen aan die projek toegewys en 'n eerste verdedigingslinie deur middel van alarmstelsels wat aan 'n gewapende reaksie-eenheid gekoppel is, is aan 242 skole gegee.

Mnr die Voorsitter, 83 skole in gebiede wat die meeste aan geweld blootgestel is, het hierdie ooreenkoms met die WKOD aangegaan. Ingevolge hierdie ooreenkoms het die departement aan die skole die infrastruktuur voorsien, met inbegrip van goeie heinings en alarms, en die skole het onderneem om die verantwoordelikheid te aanvaar vir die opstel en bestuur van 'n veiligheidsplan en die smee van nouer bande met die omliggende gemeenskap in 'n vennootskap om misdaad, geweld, misbruik en vandalisme teen te werk. 

Misdadigers en vandale kan nie ongestraf rondbeweeg in 'n gemeenskap wat hulle verwerp en aktief daarop ingestel is om hulle aan bande te l nie. Teen Oktober het die eise aan die Veilige Skole-program, as gevolg van die sukses daarvan, so wesenlik toegeneem dat ons 'n bykomende R5 miljoen toegewys het vir infrastrukturele en ontwikkelingsteun aan 'n verdere 52 skole.

Mnr die Voorsitter, tans word sowat 230 bykomende skole gedentifiseer vir alarmstelsels. Om in aanmerking te kom vir ondersteuning, moet skole hulself verbind tot 'n ontwikkelingstrategie, wat begin met die daarstelling van 'n skoolveiligheidskomitee en 'n veiligheidsplan, wat opleiding in konflikhantering insluit.

Ons het agtergekom - en dit is 'n baie belangrike bevinding van ons navorsing - dat vandalisme dikwels gekoppel word aan onopgeloste konflik in skoolgemeenskappe self. Ons verlang ook van die skole in ons program om vennootskappe aan te gaan met omliggende skole sodat hulle gesamentlik die veiligheidsplan kan bevorder.

In party gebiede was die sukses van die strategie duidelik sigbaar en bendebedrywighede en geweldsmisdade is aansienlik verminder. Dit is moeilik om skole vir lof uit te sonder, maar ek moet melding maak van skole soos die Horskool Cedar en Sekondre Skool Glendale in Mitchells Plain, Sekondre Skool Lavender Hill en die Primre Skool Hillside in Lavender Hill; die Sekondre Skool Mount View in Hanover Park; Horskool John Ramsay in Bishop Lavis; Horskool Beauvallon in Valhalla Park; Sekondre Skool Excelsior in Belhar en Guguletu Comprehensive Secondary - en ons weet dat hierdie skole met baie ander probleme te kampe het.

Ons staan steeds voor groot uitdagings in Manenberg en Delft, en ons moet die program met die nodige dringendheid uitbrei na Khayelitsha, Philippi-Oos en die landelike gebiede wat so tragies toenemend ook aan hierdie soort bedreiging blootgestel word.

Mnr die Voorsitter, sedert 1 April verlede jaar tot aan die einde van hierdie boekjaar sal ons R81 miljoen aan die bevordering van veiligheid in ons skole gespandeer het. In die komende boekjaar sal die syfer van die orde van R15 miljoen wees, en dit sal miskien aangevul moet word. Dit is noodsaaklike besteding onder huidige omstandighede, en ek wil regtig opregte dank betuig teenoor mnr Eugene Daniels en sy toegewyde span vir wat hulle met hierdie geld bereik het. Ons moet egter ook onthou dat vir elke R1 wat ons aan sekuriteit bestee, ons R1 minder aan ander noodsaaklike onderwysprojekte bestee. Dit is waarvan ek praat as ek na moeilike keuses verwys.

Mnr die Voorsitter, ons vyfde prioriteit is om die infrastruktuur van ons skole, afgesien van diefalarms en heinings, te verbeter. Oor die afgelope boekjaar is R45 miljoen in vennootskap met Werke - en ek wil graag die departement en die agb Minister van Vervoer en Werke van harte bedank - bestee aan die bou of voltooiing van die volgende ses nuwe skole, naamlik Primre Skool Driftsands, Sekondre Skool Harry Gwala, Sekondre Skool Khayelitsha, Sekondre Skool Zinsa, Sekondre Skool Zola en Primre Skool Encotsheni.

Die departement het ook R4 miljoen bestee aan uitbreidings by skole, veral by die Sekondre Skool Skurweberg, en bykans R1 miljoen aan die verskuiwing van mobiele klaskamers na gebiede waar dit die nodigste was, wat die totaal in ons kapitaalprogram op R50 miljoen te staan gebring het.

Ons beplan weer om in die komende jaar, in vennootskap met Werke, sewe nuwe skole te voltooi, naamlik die Sekondre Skool Kwafaku, Primre Skool Philippi K, Primre Skool Sigcawu, Primre Skool Du Noon, Sekondre Skool Imizamo Yethu, Primre Skool Witlokasie en Primre Skool T N Ndanda. Ons sal ook sowat R2,5 miljoen bestee aan die beplanning van nuwe skole, en R2 miljoen aan die aankoop van nuwe mobiele klaskamers of die verskuiwing daarvan na gebiede waar dit die nodigste is.

Mnr die Voorsitter, die terrein wat in die komende jaar die grootste hupstoot sal ontvang, is die onderhoudsprogram, want dit is waar ons miskien oor die afgelope jare minder bestee het as wat ons moes, maar daardie keuse van die verlede was onvermydelik. Verlede jaar was die onderhoudsbegroting vir skole, met inbegrip van die gevolge van die Manenberg-ramp, R44 miljoen.

In die komende jaar het ons sowat R71 miljoen begroot, 'n toename van bykans R30 miljoen - danksy die "dobbeldividend" wat ons uit die casinolisensiringsproses ontvang het - en hiervoor wil ek die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning bedank. Dit sal ons in staat stel om te verseker dat al ons agtergeblewe skole water, elektrisiteit en spoeltoilette het, waar dit ook al moontlik is. Ons het vir hierdie kernbelangrike infrastruktuur in 100 skole begroot. Ons beplan ook 'n Rand-vir-Rand-projek in ongeveer 40 agtergeblewe skole om diegene te beloon wat 'n poging aanwend om self fondse in te samel vir infrastrukturele ontwikkelingsprojekte.

Mnr die Voorsitter, dit is regtig buitengewoon wat sulke skole bereik. In een geval, in 'n plattelandse omgewing, het ons op 'n skool afgekom wat met behulp van ouers en lede van die gemeenskap 'n saal vir R10 000 gebou het. Dit is onnodig om te s dat die departement die volle bedrag terugbetaal, en verder as die Rand-vir-Rand-grondslag gaan, as 'n gebaar van dank en welwillendheid vir die buitengewone inisiatief wat aan die dag gel is.

'n Kernbelangrike aspek van ons infrastrukturele ontwikkelingsfokus is om toegang tot inligtings- en kommunikasietegnologie in skole te verbeter. Tydens die eerste fase van die telekommunikasieprojek waarmee verlede jaar begin is, het ons 'n basiese rekenaarstelsel en 'n Internet-verbinding aan 198 agtergeblewe skole verskaf. Hierdie skole het ook opleiding en ondersteuning in die administratiewe en opvoedkundige gebruik van die Internet ontvang.

Die basiese oogmerk is om skole te voorsien van Internet toegang vir opvoedkundige doeleindes, maar die toerusting dien ook 'n dubbele doel as administratiewe rekenaarstelsel vir die skool. Uiteindelik moet alle Wes-Kaapse skole 'n Internet-verbinding h en die WKOD beplan om oor te skakel na 'n inligtings- en kommunikasietegnologie gebaseerde kommunikasiestrategie. Hoewel dit 'n begin is, is een rekenaar per skool heeltemal onvoldoende om hierdie oogmerk te bereik.

Mnr die Voorsitter, tydens die tweede fase van hierdie projek, wat so pas begin het, sal installeerwerk in ten minste 400 verdere skole gedoen word, wat die totale getal skole met Internet-verbindings op meer as 1 000 uit 'n potensile 1 640 skole te staan sal bring. Dit maak van die Wes-Kaapse skole die mees ingeskakelde skole in Suid-Afrika, maar dit is ver onder die ideaal.

Die WKOD het R3 miljoen toegewys aan elk van die eerste twee fases van die projek - in totaal R6 miljoen - en die provinsiale IT-begroting het ook R3 miljoen bygedra tot die tweede fase van die projek. Agb lede kan dink wat ons ten opsigte van rekenaargeletterdheid in skole sou kon doen as ons nie so baie geld aan skoolveiligheid moes bestee nie.

Die WKOD het ook 'n bedrag van R100 000 toegewys aan elk van sewe agtergeblewe skole wat daarin geslaag het om hul 1999-matriekuitslae beduidend te verbeter. Dit is deel van ons beleid om prestasie te beloon en uitmuntendheid in ons skole regdeur die stelsel aan te moedig. Deur hierdie skole aan die telekommunikasieprojek en die Veilige Skole-program te koppel, is die waarde van die toewysing aan elke van hierdie skole beduidend verhoog, en ons is nou besig met die proses om 'n gesamentlike administratiewe en opvoedkundige rekenaarnetwerk in elk van hierdie skole te vestig.

Die WKOD het ook die aanvanklike beplanning vir 'n groot nuwe projek, bekend as die Khanya-projek, in samewerking met die Wes-Kaapse Skole-netwerk en SchoolNet SA afgehandel. "Khanya" is 'n Xhosa-woord wat beteken om op te helder, of te verlig of die pad aan te dui.

Mnr die Voorsitter, die doelstelling vir hierdie projek is om die onderwysstelsel in die Wes-Kaap vir die wreldwye kundigheidsekonomie te ontwikkel - een van die sleuteloogmerke van hierdie Administrasie. Khanya is daarop gemik om alle skole met 'n volledige opvoedkundige en administratiewe IT-stelsel toe te rus, asook 'n volledige oudiovisuele mediastelsel, en om die onderwysprogram ten volle aan te pas vir die benutting van hierdie tegnologie.

Hoewel die uitreiking van hierdie toerusting 'n omvangryke en duur taak sal wees, sal dit die maklike deel wees. Ons sal ook IKT-gegronde hulpbronmateriaal op 'n ongehoorde skaal moet beskikbaar stel. Die nuwe toerusting en hulpbronmateriaal sal ook heeltemal nuwe onderrig- en studiestrategie en 'n massiewe opleidingsprogram verg om te verseker dat hierdie strategie behoorlik in werking gestel word.

Die Khanya-projek sal 'n groot klomp werk verg en die oogmerke daarvan sal baie moeilik bereik kan word. As ons egter ons leerders behoorlik vir die toekoms wil voorberei, is Khanya absoluut noodsaaklik. Daarsonder sal ons onderwys irrelevant word en die produkte van ons skole sal op grondpaaie voortstrompel terwyl die res van die wreld op elektroniese supersnelwe reis en oor die kuberhorison buite sig verdwyn. Ons het eenvoudig geen ander keuse nie as om ons leerders vir hierdie uitdaging voor te berei.

Mnr die Voorsitter, die aanvanklike koste is astronomies, maar as Khanya eers in werking gestel is, sal dit waarskynlik steeds 'n belegging van tussen R150 miljoen en R200 miljoen per jaar nodig h. Dit sal ook die heelhartige deelname van die hele Wes-Kaapse gemeenskap verg, met inbegrip van alle ouergemeenskappe, alle opvoeders, die onderwysdepartement, die Provinsiale Regering as geheel, 'n groot getal NROs en die sakesektor. Hierdie gesamentlike poging moet aangedryf word deur 'n gedeelde visie en gesamentlike eienaarskap, anders sal dit nie kan slaag nie. Ons hoop dat ons in die komende jare 'n baie goeie begin daarmee sal kan maak, maar hierdie projek is van sodanige skaal dat dit langer as my ampstermyn sal duur.

Mnr die Voorsitter, ons infrastrukturele ontwikkelingsplan sluit die rasionalisasie van sekere skole in. Ons het aansienlike vordering gemaak met die rasionalisasie van die stelsel wat sorg vir Jeug in Risiko. Ons beoog om van 'n strafgerigte model te beweeg na een wat dissipline met ontwikkeling kombineer en aan hierdie kinders 'n tweede kans bied om hul lewens in orde te kry.

Ingevolge hierdie beleid sal ons huidige onderbenutte verbeterings- en nywerheidskole op 31 Desember sluit en nuwe inrigtings sal op 1 Januarie 2001 open. Vier vaardigheidskole sal in Atlantis, Oudtshoorn, die Paarl en Pacaltsdorp open; 'n nuwe skool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes sal in George open; vier jeugsorg- en opvoedingsentrums sal in Faure, George, Ottery en Wellington open; en twee spesiale jeugsorgsentrums - ek verkies om dit Veilige Sorgsentrums te noem, want dit is wat hulle is - sal in Rawsonville en Tokai in bedryf wees. Hierdie inisiatief strook met die nasionale beleidsoogmerke, maar die Wes-Kaap is die enigste provinsie wat tot dusver enige vordering met die bereiking van hierdie oogmerke gemaak het.

Mnr die Voorsitter, ons sesde prioriteit is om Skoolgebaseerde Bestuur te ontwikkel. Uit sowat 1 530 skole wat potensieel in aanmerking kom, het sowat een derde - of 500 - reeds aan die vereistes voldoen om tot artikel 21-skole verklaar te word, en kom hulle in aanmerking vir die maksimale hoeveelheid skoolgebaseerde bestuur waarkragtens baie verantwoordelikhede aan die skoolbestuursliggaam en die bestuurspan afgewentel word. Hulle moet voldoen aan die regs- en die nasionale en provinsiale beleidsraamwerke, maar binne hierdie perke vaar die meeste van hierdie skole uitsonderlik goed.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: L asseblief u toespraak ter Tafel, agb Minister.

*Die MINISTER: Ekskuus, ek het dit nie gehoor nie?

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: L asseblief u toespraak ter Tafel, agb Minister.

*Die MINISTER: Ek bly by my toespraak. Wat dink die agb Leier van die Opposisie is ek besig om te lees - 'n spyskaart? [Gelag.]

Mnr die Voorsitter, ons het 'n span van 60 mense onder die bekwame leiding van mnr Viv Viviers, wat verantwoordelik is vir die opleiding van skoolbeheerliggame en bestuurspanne ten opsigte van administrasie en finansile bestuur. Hulle het 'n uitstekende handleiding vir hierdie doel ontwikkel, wat blyk 'n uitstekende hulpmiddel vir alle skole te wees.

Ons het ook die SACT-span onder leiding van mnr Johan Smit om beheerliggame op te lei om hul funksies behoorlik te verstaan en uit te voer.

*Mnr P C MCKENZIE: Ek hoop u wil nie Fidel Castro se rekord vir toesprake slaan nie.

*Die MINISTER: Nee, ek probeer om vir Mangosuthu Buthelezi se rekord te mik!

*Mnr P C MCKENZIE: O, is dit die een? Ek het gedink dit was Rajbansi. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Dit is die maatstaf van die agb lid mnr McKenzie, nie myne nie. [Gelag.]

*Mnr P C MCKENZIE: Ons moes 'n bietjie pret by u toespraak inbring om 'n bietjie lewe in die lede aan die ander kant te plaas; hulle is almal aan die slaap.

*Die MINISTER: My goeiste! Waarom staan die agb lid nie op en dirigeer nie?

Mnr die Voorsitter, ondanks die feit dat daar slegs vier van hulle is, lewer hulle uitmuntende resultate in die skole wat hulle besoek, hoewel ons steeds 'n geweldige hoop werk het om te doen om 'n begrip vir die regsorde en behoorlike prosesse onder die lede van ons beheerliggame te ontwikkel. [Tussenwerpsels.]

*Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr D Silke): Orde! [Tussenwerpsels.] Orde! Die agb Minister mag voortgaan.

*Die MINISTER: Mnr die Voorsitter, dit is veral kernbelangrik dat hulle begryp dat die benoeming van opvoeders om poste te vul - en dit sal die ANC goed doen as hulle hierna luister en die agb lid mnr McKenzie wakker maak - die belangrikste funksie is wat 'n beheerliggaam uitoefen en dit moet gedoen word met die opvoedkundige belange van kinders in gedagte. Vakbond- en organisatoriese verbintenisse en ander nie-opvoedkundige maatstawwe moet in hierdie besluite buite rekening gelaat word.

Ongelukkig moet aanstellings steeds grootliks gerig word deur die ellendige herontplooiingskema. Die menslike hulpbronbeleid van die nasionale Regering is een van die grootste hindernisse in onderwysontwikkeling; dit is buitensporig duur en ondoeltreffend en verhef arbeidsverhoudinge oorwegings ver bokant opvoedkundige oorwegings.

Mnr die Voorsitter, ons bestee tans 90% van ons begroting aan salarisse en 10% aan alles wat oorbly. Dit beteken dat ons nie veel speling het nie en daar is nie veel ruimte vir die invoering van nuwighede en skeppendheid in ons Begroting nie. Lopende kapitaal- en bedryfsuitgawes moet bestry word.

Oor die afgelope jaar het ons egter wel daarin geslaag om 'n besparing van R70 miljoen deur personeelvermindering te bewerkstellig en die volgende programme was die vernaamste begunstigdes: die Veilige Skole-program; busvervoer in landelike gebiede; leerderondersteuningsmateriaal; die verbetering van geriewe; koshuise vir landelike leerlinge en losiessubsidies vir hulpbehoewendes; en die kapasiteitsbou van beheerliggame by skole. Daar is ander ... [Tussenwerpsels.] Nee, nee! Dit is net die helfte van my toespraak. Die ander helfte is daar. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Voorsitter, daar is ander noodsaaklike programme wat meer finansiering nodig het en om hierdie rede moet ons ongelukkig nog probeer om ons personeelkoste verder te verminder om 'n verhouding van 85:15 te bereik. Ons hoop dat ons die heel beste personeel in ons stelsel sal behou, want met besnoeiings van hierdie omvang kan ons nie gehalte handhaaf sonder 'n dramatiese verhoging in produktiwiteit en verbetering in bestuurstelsels nie.

Ek en my kollegas sal daarna streef om dit te doen, maar ons kan dit nie doen sonder 'n radikale hersiening van menslike hulpbronbestuursbeleid op nasionale vlak nie. Dit is byvoorbeeld belaglik dat ons verplig word om aan te hou om 50 personeellede in diens te hou en te betaal in 'n inrigting wat nie 'n enkele leerling het nie. Geen sakeonderneming sou so 'n beleid in werking kon stel en oorleef nie.

Daar is baie wat nog ges kan word.

*Mnr P C MCKENZIE: Moet asseblief nie!

*Die MINISTER: Net omdat die agb lid dit ges het, sal ek ... [Onhoorbaar.] [Gelag.]

Mnr die Voorsitter, daar is baie wat nog ges kan word, en ek sal dit s in antwoord op vrae van die agb lede. Ek het 'n hele ler hier oor volwassegeletterdheid; oor landelike skole; oor preprimre onderrig; en oor al die ander sake waaroor ek weet ek aangeval sal word omdat ek nie in my toespraak daaraan aandag gegee het nie. Ek het beplan om nou aandag daaraan te gee, maar ek wag gretig op die vrae.

*Mnr Y GABRU: S u dit nou ...

Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr D Silke): Orde! [Tussenwerpsels.] Orde!

*Die MINISTER: Dit hang af van hoeveel dokumente u sluipers en molle in die hande gekry het!

*Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr D Silke): Order! Orde! Die agb Minister is daarop geregtig om haar toespraak te voltooi. Die agb Minister mag voortgaan.

*Die MINISTER: Mnr die Voorsitter, ek wil weer eens 'n opregte woord van dank rig aan my kollegas in Project House, veral my kollegas in die Ministerie - mnr Eddie Kirsten en mnr Peter Present, my nuwe adviseur - wat albei geweldige waarde tot die Kantoor toegevoeg het. Ek wil ook my kollegas in daardie banke bedank. Selfs in 'n rare oomblik, soos hierdie een, wanneer hulle my toelaat om my toespraak kort te knip, wil ek graag hierdie geleentheid gebruik om die Opposisie te bedank vir wat by tye belangrike bydraes in die belang van onderwys was, en nie partypolitieke vlievangery nie. Hulle het baie ernstige probleme onder my aandag gebring. Ek het probeer om op te tree daaroor en dit is presies hoe dit moet werk in 'n funksionele veelparty demokrasie.

Mnr A J WILLIAMS: Me die Voorsitter, laat my toe om ter aanvang die agb Minister van Onderwys geluk te wens met haar Begrotingsrede. Laat my ook toe om die lede van die Staande Komitee oor Onderwys, Omgewing- en Kultuursake te bedank vir hul heelhartige samewerking ter wille van die bevordering van die onderwys in die Wes-Kaap.

Ek wil 'n spesiale woord van dank rig aan die woordvoerders van die ANC en die UDM, die agb lede mnre Gabru en Lewis, vir die bydraes wat hulle gelewer het.

Ek wil voorts my dank uitspreek teenoor die komiteekordineerder, me Joy Rorke, en die navorser, me Lynn Saayman, vir die bydraes wat hulle lewer om van die staande komitee se werksaamhede 'n sukses te maak.

Meneer, ek wil voorts die departementshoof, mnr Brian O'Connell, en sy span bedank vir die bydrae wat hulle lewer om van die onderwys in die Wes-Kaap 'n sukses te maak. As 'n blyk van waardering het die staande komitee agt dose hanepoot beskikbaar gestel vir die agt amptenare wat vandag hier teenwoordig is. [Tussenwerpsels.] Dit is gedoen in belang van goeie samewerking en uit waardering vir die harde werk wat hulle lewer.

Mnr P J MARAIS: Is daardie druiwe nie gedokter nie?

Mnr A J WILLIAMS: Die hanepoot is aan die tros en dit is ongelukkig nie in 'n verwerkte vorm in bottels nie.

Die agb lid mnr Gabru het ook 'n spesiale dosie druiwe vir die agb Minister van Onderwys gekry. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Voorsitter, ek wil eerstens praat oor die transformasie van verbeterings- en nywerheidskole. In die verband wil ek dr Booyse bedank vir die inligting wat hy aan my beskikbaar gestel het vir hierdie gedeelte van my toespraak.

Ons jeug is ons toekoms. Dit is noodsaaklik dat ons die jeug moet opvoed, beskerm en koester. In die tydvak waarin ons leef, het dit soveel dringender geword om behoorlik na die jeug om te sien, omdat daar so baie dinge is wat hulle bedreig. Dink aan die gevare van gesinsverbrokkeling, kindermishandeling, dwelmmisbruik, geweld en Vigs wat daagliks die jeug teister. As al die verbysterende inligting oor hierdie sake oorweeg word, het ons 'n groot uitdaging om die jeug te bemagtig om hierdie aanslae te kan teenstaan.
Volgens voorspellings word verwag dat duisende jong mense in die volgende aantal jare aan die nagevolge van Vigs mag sterf. Dit mag onder andere 'n ernstige effek op die arbeidsmag uitoefen en die ekonomie ernstig knou. Dit is daarom uiters noodsaaklik dat ons sal toesien dat nie een van ons jong mense vir ons samelewing verlore gaan nie, en dat elke jong mens se volle potensiaal ontwikkel word; ook daardie jong mense wat die spoor byster geraak het en vir ons probleme gee, en wat ons so maklik, en gerieflikheidshalwe, uit die gemeenskap wil verwyder.

Volgens kundiges op hierdie gebied is die gesinne en gemeenskappe in die meeste gevalle die oorsaak van die probleme wat ons jong mense ondervind. Ons het daarom 'n verantwoordelikheid om hulle te help om hierdie probleme te bowe te kom en hulle vir die gemeenskap en vir die Provinsie Wes-Kaap te herwin.

Ek wil die Wes-Kaapse Onderwysdepartement bedank vir die nuwe model wat hulle ontwikkel het om di jong mense te help en in die proses van die ou jeugsorgstelsel ontslae te raak. Die nuwe model is in samewerking met 'n inter-Ministerile komitee ontwikkel, wat deur die nasionale Kabinet ingestel is en waarvan die nasionale Departement van Welsyn die voorsitterskap behartig het.

Die ontwikkeling van die model het gevolg op 'n deurtastende ondersoek na die effektiwiteit van, onder andere, die verbeterings- en nywerheidskole en die plekke van veiligheid in Suid-Afrika. 'n Verslag is na die ondersoek uitgebring, en aanbevelings is gemaak oor hoe die nuwe jeugsorgstelsel vir Suid-Afrika daar behoort uit te sien. Di verslag is deur die nasionale Kabinet aanvaar en President Mbeki, toe nog in sy hoedanigheid as Adjunkpresident, het alle betrokke departemente versoek om die aanbevelings in die verslag so gou moontlik te implementeer.

Van al die onderwysdepartemente het die Wes-Kaapse Onderwysdepartement die leiding geneem met die implementering van die aanbevelings wat aanvaar is.

Mnr die Voorsitter, ek wil dit baie duidelik stel dat hierdie staande komitee van die Provinsie Wes-Kaap nooit teen die transformasie van di inrigtings gekant was nie. Die hoofde en voorsitters van die beheerliggame, asook die beheerliggame, was ook nooit teen die transformasie van hierdie inrigtings gekant nie. Waarteen ons wel gekant was, was die wyse waarop die proses verloop het.

Nadat die staande komitee met die rolspelers van daardie inrigtings en die WKOD vergader het, het 'n ander proses gevolg waartydens daar werklik met die gemeenskappe van daardie inrigtings in interaksie getree is. Ek wil die departement daarvoor bedank.

Die nuwe Wes-Kaapse model vir die onderwys en ontwikkeling van leerders wat gedragsprobleme mag ontwikkel, of wat dit reeds ontwikkel het, kom kortliks op die volgende neer: eerstens sal besondere aandag in gewone openbare skole gegee word aan die voorkoming van die ontwikkeling van onaanvaarbare gedrag. Met die hulp van onder andere skoolklinieke, sal leerders die nodige kennis, vaardighede en waardes ontwikkel wat vir aanvaarbare gedrag noodsaaklik is.

Ten tweede sal die gedragsprobleme op 'n vroe stadium by gewone skole gedentifiseer word, en die remediring daarvan onverwyld geskied. Vir hierdie doel is daar reeds infrastruktuur by skoolklinieke in plek gestel, wat onderwysers in die hantering van gedragsprobleme sal oplei.
Gedragsmodifikasieprogramme sal ook na skoolure aangebied word vir leerders wat gedragsprobleme ondervind.

Daar word ook beoog om sodanige programme vir ouers aan te bied, aangesien gevind is dat die gebrek aan lewensvaardighede in die gesin in die meeste gevalle die oorsaak van leerders se onaanvaarbare gedrag is.

Derdens sal die skoolkurrikulum so aangepas word dat daar 'n wyer vakkeuse vir leerders sal wees sodat hulle nie vroeg uit skole uitsak, gedragsprobleme ontwikkel en 'n oorlas vir die gemeenskap en Staat sal word nie. Vir di doel word die huidige ses vaardigheidskole met ten minste 'n verdere vier vaardigheidskole uitgebrei.

Dit is nie algemeen bekend nie dat, in teenstelling met leerders wat gewone akademiese programme volg, soveel as 95% van die leerders wat hierdie skole bywoon, werk kry as hulle die skool verlaat en sodoende nie 'n las vir die Staat is nie, maar 'n bydrae tot die ekonomie van ons land lewer.

Vierdens sal die nege nywerheidskole, wat tans slegs 334 leerders akkommodeer, gesluit word. In die plek daarvan sal twee Spesiale Jeugsorg- en Ontwikkelingsentrums tot stand gebring word. Hierdie sentrums sal leerders met gedragsprobleme akkommodeer wat gespesialiseerde hulpverlening nodig het.

In die vyfde plek sal die huidige vyf verbeteringskole, wat tans gesamentlik slegs 225 leerders akkommodeer, gesluit word. In die plek daarvan sal twee Spesiale Jeugsorg- en Ontwikkelingsentrums tot stand gebring word, waarin leerders geakkommodeer sal word wat as gevolg van die ernstige graad van hul gedragsprobleme uit die gemeenskap verwyder moet word vir onderwys, ontwikkeling en rehabilitasie.

Ten spyte van die versekering wat die agb Minister van Onderwys tydens 'n vorige debat in die Huis gegee het, dat die leerders van hierdie inrigtings nie in die hoofstroom onderwys opgeneem gaan word nie, het die agb lid mnr Lewis, nadat hy 'n openbare verhoor op Wellington bygewoon het, aan die staande komitee gerapporteer dat 'n senior amptenaar van die departement wel vir die ouergemeenskap van daardie inrigting op Wellington ges het dat die leerders in die hoofstroom onderwys opgeneem gaan word.

Ek sal dit waardeer as die agb Minister van Onderwys net weer 'n duidelike standpunt in di Huis daaroor kan stel, sodat daar by ons almal geen onduidelikheid hieroor sal bestaan nie.

Meneer, die nuwe skole en jeugsorgsentrums sal aanvanklik van bestaande fasiliteite, wat aangepas sal word, gebruik maak. Verdere fasiliteite mag na behoefte ontwikkel word.

Die nuwe jeugsorgsentrums sal van professionele personeel voorsien word, en hulle sal in die loop van die jaar gespesialiseerde opleiding ontvang. Ons is almal bewus dat die nuwe model veel effektiewer en ekonomiese as die ou model sal wees, en dat dit 'n groot bydrae sal maak om geweld en misdaad in die provinsie te bekamp. Ons behoort almal met die WKOD saam te werk om hierdie model suksesvol te implementeer. Dit is belangrik vir ons almal se toekoms.

Mnr die Voorsitter, die volgende punt wat ek wil aanspreek, is die benaming van skole. Ek wil graag van die WKOD weet of daar 'n verskil is tussen 'n horskool en 'n sekondre skool, en 'n laerskool en 'n primre skool. Indien daar geen verskil is nie, wil ek graag h dat ons ter wille van uniformiteit alle skole horskole of sekondre skole, en laerskole of primre skole sal noem. Dit laat die indruk dat dit 'n vorm van voortbestaan van die ou orde is wat nog wil voortleef.

Die derde punt waarby ek wil aansny, is liggaamlike opvoeding as verpligte skoolvak, waarna die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning ook gister verwys het. Dit is nie meer vir ouers snaaks dat 'n kind hulle in die oggend vertel van 'n vryperiode nie, en dan is dit juis die periodes van die sogenaamde nie-eksamenvakke wat nie meer in die skole aandag kry nie.

Ek wil 'n ernstige beroep op die WKOD doen om te sorg dat 'n gesonde liggaam steeds 'n gesonde gees huisves. Ek dink dit sal ook die dissiplinre probleme beperk wat in die skole ondervind word.

Die volgende punt waaroor ek wil praat, is die voedingskema by die skole. Ek het gisteraand weer eens by 'n vergadering in die Paarl verneem dat die voedingskema by sekere skole met ingang van 1 April 2000 gestaak gaan word. Wat my verstand te bowe gaan, is dat die voedingskema in die armste dele van die gemeenskap gestaak gaan word.

Ek is nie seker of die voedingskema by alle skole gestaak gaan word nie. Volgens gerugte sal dit nie die geval wees nie. Volgens die Nasionale Norme en Standaarde vir die Befondsing van Skole sal die voedingskema blykbaar slegs by sekere skole gestaak word.

In die Paarl is 'n woonbuurt bekend as Amstelhof - en dit het niks met Amstel bier te doen nie. Amstelhof is een van die armste dele in die Paarl. Gisteraand het ek weer gehoor dat die skool daar se voedingskema gestaak gaan word met ingang van 1 April 2000. Ek wil tog vra dat die WKOD dringend sal ondersoek instel na hierdie aangeleentheid.

Wat ek graag wil weet, is watter kriteria is gebruik om tot so 'n besluit te kom? Is dit 'n opvoedkundig verantwoordbare besluit? [Tyd verstreke.]

*Mnr Y GABRU: Mnr die Voorsitter, ek wil praat oor die aard van opvoedkundige verandering in Suid-Afrika in die algemeen en in die Wes-Kaap in die besonder. Sedert 1994 was opvoedkundige verandering binne 'n groter politieke en maatskaplike transformasie in Suid-Afrika. Die Nasionale Kwalifikasieraamwerk, skoolbeheerliggame, Kurrikulum 2005, herontplooiing van onderwysers en stelsels vir die evaluering van onderwyserontwikkeling is net 'n paar voorbeelde van die beleidsrigtings wat in die nuwe onderwysstelsel na vore gekom het.

As 'n mens egter in meer besonderhede op die aard van hierdie verandering ingaan, lyk dit inderdaad op sowel nasionale as provinsiale vlak asof die beleidmakers nie rekening gehou het met die volle kompleksiteit van die veranderingsproses in opvoedkundige inrigtings nie. Die probleme wat ondervind word met die inwerkingstelling van Kurrikulum 2005 illustreer dit duidelik, en die aanstelling deur die nasionale Minister van Onderwys van 'n hersieningskomitee moet in hierdie verband verwelkom word. Die komitee word gelei deur 'n vooraanstaande en bekwame opvoedkundige, en ek is seker dat hulle aan die einde 'n baie goeie verslag aan ons sal verskaf.

In die kentekening van die opvoedkundige veranderingsproses kan 'n mens op verskeie sake konsentreer; die tempo van verandering, die ingewikkeldheid van verandering en die feit dat opvoedkundige verandering meer stelselmatig as enigiets anders moet wees.

Ek wil aandag gee aan die tempo van verandering. Daar is een standpunt wat voorspraak maak vir 'n vinnige verandering in onderwys, en Kurrikulum 2005 is 'n voorbeeld van daardie standpunt. Die argument wat hier aangevoer word, is dat dit nodig is om die onderwysstelsel op sy kop te laat staan ten einde 'n mate van verandering te bewerkstellig. Die argument is dat stadige, stapsgewyse verandering tot gevolg kan h dat die belanghebbendes terugval op die ou manier van dinge doen.

Party opvoedkundiges voer aan dat daar getuienis is wat daarop dui dat hoe groter die bestek van die verandering en hoe groter die eise wat gestel word aan die individue wat by die verandering betrokke is, hoe groter is die kans op sukses. In Suid-Afrika, met sy afskuwelike nalatenis van apartheid en die enorme ongelykheid wat steeds bestaan, moet hierdie perspektief baie aanloklik wees.

Daar is egter 'n teenargument wat lei dat pogings om te veel te doen, tot geweldige mislukkings kan lei. Hierdie benadering voer aan dat departemente en skole dikwels probeer om te veel te doen. Hulle probeer om nuwighede in te voer waarvan die uitvoering buite hul vermo is. Opvoedkundiges verwys na hierdie verskynsel as "ooreiste verandering".

Hierdie teenstellende standpunte oor die aard van verandering word opgesom deur 'n onderwysspesialis, ene Fulham, wat s:

On the one hand, simple changes may be easier to manage, but may have minimal impact, while, on the other hand, complex changes promise to accomplish more, but they also demand more effort and failure takes a greater toll.

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement moet dus die doeltreffendheid oorweeg van die bespoediging of passkatting van elk van die beleidsinisiatiewe wat hulle hoop om by ons skole en kolleges in te stel.

Nog 'n verwante faktor is die gehalte en praktiese uitvoerbaarheid van programme as 'n mens met verandering te doen het. As aanvaarding meer belangrik is as inwerkingstelling, word besluite dikwels sonder opvolgwerk of die nodige voorbereidingstyd geneem, en hierdie besluite is polities gemotiveerd en nie opvoedkundig gemotiveerd nie. Gevolglik is die tydsverloop tussen besluit en inwerkingstelling te kort om aandag te gee aan kwessies van gehalte.

Opvoedkundige verandering is 'n baie ingewikkelde saak. Dit is nog 'n verskynsel wat die aard van verandering kenmerk. Die argument hier is dat verandering in wese kompleks en nie linir is nie, en chaoties en omstrede is. Die opvoedkundige waarna ek pas verwys het, som dit soos volg op, en ek haal aan:

Educational reform is complex, non-linear, frequently arbitrary and always highly political. It is rife with unproblematic shifts and fragmented initiatives.
Hy s verder:

I am afraid that this is the nature of the beast in complex socio-political societies, as ours undoubtedly is.

In die lig van die nie-linire en chaotiese aard van verandering moet verandering, indien dit doeltreffend moet wees, behoorlik bestuur word. Die stelsel wat verandering ondergaan moet ontvanklik daarvoor wees om voortdurend met verandering te worstel. Sowel strategie van bo na onder as van onder na bo is noodsaaklik.

Bowenal moet verandering in die stelsel wees. Ek wil dit beklemtoon. Daar is geen haelgeweeroplossings in die verandering van 'n onderwysstelsel nie. As verandering suksesvol moet wees, moet dit in die stelsel wees. Dit beteken dat hervorming gelyktydig moet konsentreer op die ontwikkeling en onderlinge verhouding van al die hoofkomponente van die stelsel: leergang, opvoederontwikkeling, en gemeenskaps- en studentesteun. Voorts moet hervorming nie slegs konsentreer op struktuur, beleid en regulasie nie, maar op dieperliggende kwessies van die kultuur van die stelsel. Ek dink dikwels dat die agb Minister se benadering tot opvoedkundige verandering heeltemal te meganies is wanneer dit by die hantering van hierdie sake kom.

Wat almal moet verstaan, is dat dit die mense in die stelsel is wat verandering bewerkstellig, nie Ministers nie, ongeag hoe dikwels hulle in die pers verskyn. Dit is nie superintendente-generaal wat verandering bewerkstellig nie, en dit is nie opposisie-LPs wat verandering bewerkstellig nie. Dit is die mense in die stelsel wat verandering bewerkstellig.

Opvoedkundige verandering verg 'n aanpassing in die oortuigings van individue regdeur die stelsel ten einde hulle aan boord te neem ten opsigte van die nuwe beleidsinisiatiewe. Dit strek van noodsaaklike departementele amptenare tot skoolhoofde en opvoeders in die klaskamer. 'n Mens kan nie enige van hierdie sektore vervreem nie. 'n Mens kan nie jou sleutelamptenare vervreem nie. 'n Mens kan nie skoolhoofde vervreem nie. Bowenal kan 'n mens nie onderwysers vervreem, soos die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning onlangs probeer doen het nie.

Opvoedkundige verandering behels 'n massiewe paradigmaverskuiwing in die pedagogiek en epistemologie van opvoeders, waarvan die meerderheid al vir baie, baie jare in ons land onderwys gee. Volgehoue menslike hulpbronontwikkeling, bestuursprogramme en opvoederontwikkeling wat die klem plaas op behoeftes, vaardighede en die houding van die individue wat by opvoedkundige verandering betrokke is, is dus gebiedend noodsaaklik.

Ek het tot dusver gepraat oor wat ek dink opvoedkundige verandering behoort te wees. Ek wil een of twee voorbeelde uit die WKOD gee van wat ek dink dit nie behoort te wees nie. Onlangs het die agb Minister die probleem van vervalste rapporte ontdek en, heeltemal tereg, wil sy die probleem uitroei. Ons wil dit almal doen, en ons sal haar alle ondersteuning in hierdie verband gee.

Ek wil egter aan agb lede vertel wat in die departement gebeur het nadat die kameras ophou flits het. Opdragte is in die departement uitgereik en amptenare het na streekkantore gegaan, die senior personeel daar byeengeroep en hulle meegedeel dat dit so belangrik is dat dit 'n nasionale saak is. Om die waarheid te s, hulle het hulle meegedeel dat hierdie opdragte van die nasionale kantoor gekom het. Ek het by die nasionale kantoor navraag gedoen, en geen sodanige opdragte is gegee nie.

Uiteindelik het kringinspekteurs en lede van die hoofkantoor op daardie spesifieke dag onaangekondig na skole gegaan - skole is nie vooraf gewaarsku nie, hulle is nie deel van die proses gemaak nie - en die amptenare het al die rapporte, al die registers, alles weggeneem. Die skoolhoofde het met hulle saamgewerk en die dokumente aan hulle gegee, maar dit het 'n baie slegte smaak in die monde gelaat van al die skoolhoofde en van baie van die skoolkringbestuurders. Ek het met skoolhoofde en kringbestuurders hieroor gepraat. Een van hulle het my gevra - dit was 'n skoolhoof wat dit gevra het - of hulle so sou opgetree het as dit 'n skool in Pinelands was wat betrokke was. Dit is nie ek wat dit s nie. Dit is die woorde van een van die skoolhoofde.

By Fezeka was daar 'n soortgelyke probleem. Die skoolhoof het gemerk dat party van die stempels ontbreek het en onmiddellik aangeneem dat daar 'n paar vervalste rapporte sou wees. Hulle het die probleem bestuur. Hulle het al die ander skole in die kring geskakel en hulle gewaarsku en so aan. Hulle het self die probleem opgelos.

Ek dink dat daar 'n baie ernstige probleem in die departement is ten opsigte van die wyse waarop dit skole hanteer. Die departement verstaan vanselfsprekend nie die oorlegpleging waarmee ander mense besig is nie. Die hervormingskoolproses waarvan melding gemaak is, en dus sal ek nie self daaroor praat nie, is een voorbeeld. Soos ek hier gemeld het, ek het na een van hierdie sogenaamde oorlegplegingsprosesse in Constantia gegaan, en dit was absoluut verskriklik en het die verstand te bowe gegaan.

Die ander proses is die Nasionale Norme en Standaarde-proses, waaroor die WKOD altyd praat en s dat hulle die eerste departement in die land is om dit in te stel. Ek wil 'n opmerking voorlees deur 'n ander vooraanstaande opvoedkundige, Michael Gardiner, oor die inwerkingstelling van die Nasionale Norme en Standaarde in die Wes-Kaap. Hy het ges, en ek haal aan:

The Western Cape's method of implementing norms and standards policy re-emphasises race and class, misjudges what the true economic and social indicators are and overrides all of its own criteria by using crass bureaucratic tidiness.

Die probleem met die nasionale norme en standaarde wat die meeste mense ontstel het, was dat daar twee skole in dieselfde omgewing met presies dieselfde sosio-ekonomiese omstandighede was, en hulle het hulself in verskillende kategorie bevind. Ek dink weer eens dat die hoofprobleem 'n gebrek aan oorlegpleging en deelname was.

Ek wil herhaal dat verandering in onderwys 'n baie ingewikkelde saak is, en 'n mens moet mense deel van die proses maak as jy begin om enigiets te verander. [Tussenwerpsels.] Die departement vertoon soms hierdie soort begrip. Toe ons hulle uitgevra het oor die samesmelting van voormalige Model C-skole en voormalige skole van die Raad van Verteenwoordigers in landelike gebiede, toe het dit gelyk asof hulle dit verstaan het. Toe het dit 'n lang en ingewikkelde proses geword. Dit moet 'n lang tydperk in beslag neem om te gebeur.
Die agb Minister begryp ook hierdie proses. Toe ek die brief hier aan haar voorgehou het wat van die Laerskool Touwsrivier gekom het en slegs blanke ouers uitgenooi het, het sy dit verstaan. Sy het na die skool gegaan om uit te vind waarom dit gebeur het. Sy vertoon dus dikwels hierdie begrip.

Mnr die Voorsitter, ek vra dat die departement 'n duidelike teorie oor opvoedkundige verandering moet ontwikkel, dat hulle moet begin om te verstaan dat opvoedkundige verandering stelselmatig moet geskied. 'n Mens kan nie 'n onderwysstelsel verander as jy nie die hoofspelers deel van die proses maak nie. 'n Tegnokratiese benadering tot opvoedkundige verandering sal niemand help nie.

'n Mens kan na hartelus in die koerante verskyn en jouself opsmuk, jy kan die wreld vol afgeneem word, maar dit sal nie die onderwysstelsel verander nie. Wat die onderwysstelsel sal verander, is die erkenning dat dit 'n uiters ingewikkelde stelsel is. Dit sal 'n lang tyd in beslag neem, en dit sal die deelname van al die rolspelers verg. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Voorsitter, ek dink dat ek nog twee of drie minute oor het. Hoeveel tyd het ek oor?

*Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr D Silke): Orde! Dit spyt my, maar die agb lid se tyd is verstreke.

*Mnr A R WINDE: Mnr die Voorsitter, ons in hierdie provinsie en in hierdie land kom voor baie uitdagings te staan, en onderwys is een van die belangrikste, mees ingewikkelde en moeilikste uitdagings van almal. Ek bring dus hulde aan die entoesiastiese en verantwoordelike toewyding wat die agb Minister van Onderwys en haar hele departement aan hierdie uitdaging gee.

Voorts wil ek hulle prys met die Begroting wat aan SKOF en vandag hier aan ons vir debattering voorgel is. Ons weet almal dat meer fondse welkom sou wees, maar uit hul aanbieding is dit duidelik dat hulle daarin geslaag het om die beste te maak van die net meer as R4 miljard tot hul beskikking. In hul pogings om wreldklasonderwys in hierdie provinsie te verskaf, sal hulle die volle ondersteuning van hierdie Parlement en die ouers, onderwysers en leerders nodig h.

Uit die staanspoor het die agb Minister haar mikpunte hoog gestel. Ek is seker dat ieder en elk van ons in hierdie provinsie deur haar moeite, en di van haar departement, die vrug sal pluk soos ons vorentoe beweeg in die kundigheidsgebaseerde 21ste eeu.

Ons weet dat daar geen kitsoplossings vir onderwys in hierdie provinsie of vir die land is nie, maar as ons by die volgende beginsels hou, sal ons verseker dat alle leerders funksionele, numeriese en inligtingsgeletterdheid op internasionaal-gevestigde, ouderdom-geskikte vlakke ontvang. Dit sal ons mense in staat stel om hul potensiaal te verwesenlik om 'n rol te speel in die bou van 'n suksesvolle 21ste eeuse ekonomie met toenemende voorspoed vir almal. Hierdie beginsels is die beskerming van die regte van individue en respek vir taal en godsdiens; die verskaffing van gelyke geleenthede aan almal; rekenpligtigheid, kostedoeltreffendheid en doelmatigheid; die afwenteling van verantwoordelikheid in die onderwysstelsel; vennootskappe tussen die staat, ouers en die privaatsektor; veilige, stabiele en produktiewe leeromgewings; die koppeling van toepaslike kundigheid en vaardighede aan ekonomiese behoeftes; en 'n reaksie op maatskaplike probleme soos tuberkulose en Vigs.

Suid-Afrika se onderwysstelsel is die mees tragiese nalatenis van apartheid. Apartheid het swart Suid-Afrikaners behoorlike onderwys in die staatonderwysstelsel onts en kerkbestuurde privaatskole gesluit wat 'n alternatief gebied het. Soos die agb Minister vandag ges het, hoewel matriekuitslae op hul eie 'n ontoereikende aanwyser van die gehalte van onderwys is, is dit onder die paar maatstawwe wat ons het om die stelsel te meet. In 1997 was die uitslae die swakste wat ooit aangeteken is, met slegs geringe verbeterings in 1998 en 1999 en slaagsyfers rondom 50%.

Die afname in onderwysgehalte in ons land stuur af op 'n krisis van ondenkbare omvang. Soos ons die wreldwye kundigheidsgemeenskap binnegaan, kan ons nie bekostig om agtergelaat te word, vasgevang in 'n afwaartse spiraal van armoede en onderontwikkeling, nie. Onderwys is kernbelangrik, want dit is die belangrikste en mees volhoubare vorm van welvaartverspreiding wat vir enige gemeenskap beskikbaar is. Onderwys voeg lewenslange waarde by 'n individu en gemeenskap en kan nie onteien word nie.

Gehalteonderwys l aan die grondslag van die DP se visie van 'n geleentheidsgemeenskap, wat aan pligsgetroue jong mense die geleentheid vir verdere studie en toegang tot die arbeidswreld bied as gemotiveerde, bydraende burgers, wat waarde tot die gemeenskap byvoeg en verantwoordelikheid aanvaar vir hul eie verwesenliking en vooruitgang, asook di van hul afhanklikes.

Volgens Unesco se vergelykende statistieke vir ontwikkelende lande bel Suid-Afrika in verhouding meer in onderwys as die meeste lande in die wreld. Ons ANC-Regering bestee meer as 24% van die nasionale Begroting aan onderwys. Dit is onder die hoogste vlakke van besteding in die ontwikkelende wreld. 'n Mens sou veel beter uitslae verwag as die patetiese uitslae waarna vroer verwys is.

Daar is te veel skole wat steeds 'n gebrek aan basiese geriewe ondervind en oorvol klaskamers het. 'n Goeie voorbeeld hiervan is die Laerskool Tembalitsha in Knysna. Daar is tot 60 leerders per klas. Nog 'n voorbeeld van die gebrek aan geriewe is die Rietvlei Skool tussen Mosselbaai en Albertinia, waar onderwysers drinkwater in houers na die skool moet bring en die kinders die veld vir 'n toilet gebruik.

Dit is 'n paar van die negatiewe aspekte waarop ek afgekom het toe ek my kiesafdeling besoek het. Dit is egter vir my aangenaam om verslag te doen dat die departement besig is om aandag te gee aan 'n oplossing vir Rietvlei Skool deur dit te verskuif na 'n gebou wat deur die Vukani Opleidingsentrum naby Mosselbaai verskaf is. In die geval van die Laerskool Tembalitsha is begroot vir 'n nuwe skool ter waarde van R2,7 miljoen vir hierdie jaar. Dit is ook vir my aangenaam om te sien dat die Horskool Murray in Plettenbergbaai broodnodige uitbreidings aan die skool ter waarde van R132 000 sal ontvang.

Ek moet ook byvoeg dat ek, toe ek skole in die Suid-Kaap besoek het, uiters bendruk was deur die Horskool Percy Mdlala. Hierdie skool het 'n toegewyde skoolhoof en personeel, en 'n mens kan dit sien. Die terrein is onberispelik en die leerders is trots. Die wetenskaplaboratorium moet onder die bes toegeruste in die streek, indien nie in die land nie, tel. Dit is moontlik gemaak deur die betrokkenheid van die plaaslike Rotarir Klub, wat oorsese geld beskikbaar gestel het om die laboratorium te finansier. Die skoolbiblioteek moet ook een van die beste biblioteke in die streek wees. Ook daar het die skool buitelandse hulp gesoek om hulle te help om hierdie gerief te bou en van voorraad te voorsien. Met toewyding soos hierdie deur die personeel en die gemeenskap sal die skool sekerlik uitmuntendheid vir die provinsie en die land verskaf.

Terwyl ek by die onderwerp van die Suid-Kaap is, moet ek net melding maak van 'n persoon wie se toewyding tot onderwys navolgenswaardig is en wat erkenning moet kry vir haar uitmuntende werk op hierdie terrein. Ek verwys na me Cindy Shaiy, kringbestuurder wat in George gebaseer is. Sy is een van baie in die Onderwysdepartement wat die enorme taak aangepak het om volhoubare gehalteonderwys in ons provinsie daar te stel.

'n Paar probleme wat 'n mate van aandag nodig het, is, ten eerste, Kurrikulum 2005 en uitkomsgerigte onderwys. Dit lyk asof daar 'n mate van kommer oor, of miskien 'n gebrek aan begrip van, hierdie stelsel by party opvoeders in my gebied bestaan. Ek wil die agb Minister graag versoek om hierop in te gaan.

Nog 'n probleem waarvoor onderwys in die land as geheel en in die provinsie te staan kom, is die mag van onderwysersvakbonde, wat strategie ondermyn wat ontwerp is om produktiwiteit en doeltreffendheid te verbeter, en hulle in staat stel om eise te stel wat nie verband hou met prestasie-aanwysers, produktiwiteitsverhogings of die beskikbaarheid van hulpbronne nie. Belangrike ooreenkomste en beleidsbesluite in onderwys word dus bepaal deur arbeidsverhoudinge belange, in plaas van opvoedkundige oorwegings. Die opvoedkundige belange en regte van kinders in die klaskamer word alte dikwels gegnoreer.

Ten slotte wil ek die agb Minister en haar departement weer eens lof toeswaai vir hierdie Begroting, en gee ek my heelhartige ondersteuning daaraan.

Mnr H A LEWIS: Mnr die Voorsitter, onderwys is veronderstel om die belangrikste bousteen te wees waarop die toekoms van alle Suid-Afrikaners en van die land gebou moet word. Ek dink almal van ons sal saamstem dat, hoewel dit die belangrikste bousteen is, dit ook 'n verskriklik komplekse aspek is waaroor ek dink meer mense praat en waarvan mense buite die terrein baie keer nie 'n begrip het nie.

In die vorige politieke bestel is die onderwys gebruik om gemeenskappe en generasies te marginaliseer en as 't ware te vernietig. Ons kan in die nuwe Suid-Afrika nie 'n herhaling daarvan bekostig nie.

Die transformasie van die onderwys, en meer nog, die transformasie van die denkpatrone oor die onderwys waarin mense vasgevang is, is 'n logiese gevolg van die koms van demokrasie in die land. Dit is hartseer dat 'n mens moet noem dat geen noemenswaardige transformasie van die onderwys vanuit hierdie Provinsie genisieer is nie. Ek wil dit herhaal, daar is geen noemenswaardige transformasie van die onderwys uit hierdie Provinsie genisieer nie.

'n Mens kan jouself 'n paar vrae afvra as jy kyk hoe die skole vandag daar uitsien, en dit vergelyk met die skole van vyf jaar gelede. Het die gaping tussen die skole nouer geword? Is die skole besig om op 'n gelyke grondslag te kom? As 'n mens na sekere skole gaan kyk wat in die vorige termyn aan die kortste speen getrek het, wil jy die idee vorm dat daardie skole al verder en verder agteruitgaan. Wat die oorsaak daarvan is, weet ek nie. Dit is iets wat ondersoek moet word. Ek wil weer eens daarop klem l dat dit nie 'n maklike aangeleentheid is nie.

Meneer, al die transformasie wat sedert 1994 in die Provinsie plaasgevind het, het geskied as gevolg van die nasionale wetgewing rakende die transformasie van die onderwys. Baie van di nasionale wetgewing was goed, en met baie wetgewing het ons ook gebreke ervaar namate ons dit gemplementeer het.

As ons dit in aanmerking neem en in gedagte hou wat ek vroer ges het, moet ons dink aan politieke opportunisme. Ons implementeer nasionale wetgewing, ongeag hoe goed of swak dit is, en as dit boemerang, kan ons terugstaan en s, "Dit is nasionale wetgewing." Is ons te bang om ons deel van transformasie te doen en die uitdagings van transformasie van die onderwys in die provinsie te konfronteer sodat ons, wanneer ons die konflikte daaruit kry, ten minste kan s ons het ons hande vuil gemaak in 'n poging om van ons kant deel te word van hierdie transformasieproses?

Mnr die Voorsitter, ek wil vervolgens die amptenare van die Wes-Kaap Onderwysdepartement gelukwens met die wyse waarop hulle hierdie nasionale wetgewing gemplementeer het. Ons moet erken dat die WKOD die departement is wat nasionale wetgewing die beste kon implementeer en dit ordelik kon implementeer. Na my mening is die naaste vorm van transformasie wat vanuit die Provinsie gekom het, die Veilige Skole-projek, waarvoor ons ook die amptenare van die WKOD wil bedank.

As ek praat van die transformasie van die onderwys in hierdie Provinsie, verwys ek nie noodwendig na hoe verteenwoordigend die administratiewe personeel van die demografie is nie. Dit is iets anders wat ewe kompleks is.

As ek van transformasie praat, wil ek dit graag plaas binne die konteks van wat menslik haalbaar is binne die Begroting wat ons tans bespreek. Ons mag spog dat ons vandag die beste matriekslaagsyfer het. Dit is waar, en ons is trots daarop.

Ons moet egter baie versigtig wees sodat ons nie in ons poging om die status quo te behou, 15 jaar later werklik gekonfronteer word met die eise van transformasie soos wat dit in ons skole gaan manifesteer nie. Oor 5 jaar of 10 jaar sal di provinsies wat vandag te kampe het met swak matriekslaagsyfers, maar wat hulle besig hou met die transformasie van die onderwys, moontlik die vrugte begin pluk van die pyn wat hulle nou deurgaan. Dan sal ons in hierdie Provinsie gekonfronteer word met die eise van transformasie, waaraan ons nou aandag moet skenk en dit nie doen nie, en hoe ons dit gaan verantwoord.

As ek van transformasie praat, praat ek van verantwoordelike transformasie. Ek wil nie h ons moet die onderwys transformeer en in die proses die onderwys vernietig nie, soos wat dit elders gebeur.

Meneer, gun my die geleentheid om aan die hand van 'n paar voorbeelde - en ek hoop u gun my vandag die tyd - te wys watter metodes ons kan gebruik, waar politieke wil onderliggend moet wees, om ons begroting 'n bietjie te rek en in die proses te help om die gemeenskappe, skole en inrigtings in die Wes-Kaap werklik bymekaar te bring.

Die eerste punt wat ek wil noem, is die wyse waarop monetre toekennings aan skole gemaak word. Vanjaar is die Nasionale Norme en Standaarde vir die Befondsing van Skole vir die eerste keer ingestel, waarvolgens skole anders befonds word. In die vorige termyn het die WKOD die beleid gevolg dat alle skole op dieselfde basis befonds word. Met ander woorde, die skole wat oor die jare heen bevoordeel was, het dieselfde befondsing gekry as die agtergeblewe skole.

Ek het by geleentheid die gedagte geopper dat ons moet vasstel of ons nie 'n penaliseringsfaktor kan inwerk in die belang van hand uitreik nie. Daarvolgens sou ons in gesprek kon tree met sekere skole wat in die verlede die beste gehad het en vir hulle vra of hulle, in 'n poging om op te bou, nie die deel van die monetre toekenning aan hulle skole wil afstaan nie, sodat ons daardie geld kan kanaliseer na die skole wat dit nodig het.

Ek is doodseker dat baie skole in baie gemeenskappe wat voorheen die beste gehad het, sou ingestem het dat ons vir 'n geslote termyn van drie, vier jaar probeer om geld doelgerig na ander skole te kanaliseer. Dit het nie gebeur nie; met ander woorde, die gaping wat daar was, raak al groter en groter. Ek glo nie ons sal ooit die gaping kan oorbrug wat apartheid in ons onderwysinrigtings veroorsaak het nie.

Die tweede voorbeeld wat ek wil noem, is die "twinning" van skole. Wat verhoed ons om 'n doelgerigte poging aan te wend, en die politieke wil aan die dag te l, om na skole en gemeenskappe te gaan en voorstelle te maak? Kom ons gaan praat byvoorbeeld met die bestuursliggaam van die Sekondre Skool Beacon Hill. Kom ons erken aan hulle dat hulle in die apartheidsera ook aan die kortste ent getrek het, en stel voor dat ons hulle hulpbronne aan die Sekondre Skool Nelson Mandela in Crossroads koppel en bepaal op watter manier die twee skole kan saamwerk en die hulpbronne tot hul beskikking tot die beste van hul vermo kan gebruik. [Tussenwerpsels.]

Ons kan na 'n gemeenskap soos Elsiesrivier gaan en kyk na die Sekondre Skool Valhalla, en na Fairmont College in Goodwood, net oorkant die spoorlyn. Kom ons vra vir Fairmont College, wat die beste sportgeriewe het, of die Sekondre Skool Valhalla nie van daardie sportgeriewe kan gebruik maak nie. Dit verg politieke wil. [Tyd verstreke.]

*Mnr M LOUIS: Me die Voorsitter, ek volg graag op my bankmaat. Dit is lekker om te weet dat 'n mens so 'n passie vir die onderwys kan h. Dit is regtig 'n groot voorreg om op hom te volg.

Ek wil net verwys na een van die onderwerpe waaroor hy gepraat het; hy het melding gemaak van politieke wil. Ek het regtig gedink dat die agb lid mnr Gabru se toespraak 'n baie opbouende een was. Hy het oor transformasie gepraat, en oor die feit dat dit in 'n departement moet geskied, maar ek sou graag wil byvoeg dat ek werklik glo dat politieke wil 'n geweldige momentum en opbouendheid aan daardie transformasie in 'n departement kan verleen. Selfs al moet dit hier gebeur, dink ek dat die politieke wil waarvan my bankmaat gepraat het 'n enorme verskil kan teweeg bring. [Tussenwerpsels.] Wel, as dit deur fiskale dissipline en beleid gerugsteun word, sal dit beslis 'n verskil maak.

Aan my kant, van ons politieke party, wil ek graag die geleentheid gebruik om die agb Minister van Onderwys te bedank vir haar baie toegewyde en doelgerigte bydrae tot die onderwysprofessie. Ek sou ook graag dieselfde geleentheid wou gebruik om mnr Brian O'Connell se hele departement te bedank vir hul volgehoue toewyding en die harde werk wat hulle in onderwys verrig. Hulle is regtig besig om 'n merkwaardige taak te verrig.

Covey se boek, The Seven Habits of Highly Successful People, s dat ons almal moet begin met die einddoel in gedagte. Die doelstelling van hierdie departement, naamlik om onderwys van 'n wreldklasgehalte te verskaf, moet inderdaad geprys word. Globalisasie is op die oomblik een van die belangrike onderwerpe in die wreld, en ek dink dat ons met daardie soort doelstelling net vooruit kan gaan.

Ons moet egter ongelukkig die tekens herken dat ons nog 'n groot klomp werk het om te doen. Wat inderdaad kommerwekkend is, is dat bykans 16% van die skole in die Wes-Kaap spesiale aandag nodig het omdat hulle nog nie eens aan die absolute minimumstandaarde voldoen nie. Van die 250 sekondre skole bevind 62 hulself in dieselfde groep, en dit is uiters kommerwekkend.

Wat ons moet doen, is om gehoor te gee aan die spreekwoord wat lui: "Moenie die goed reg doen nie. Doen die regte goed." As die ACDP na hierdie hele aangeleentheid kyk, sien ons 'n paar aspekte waaraan ons graag voorkeur sou wou gee.

Die eerste is uitnemende en wreldklasopleiding vir studente en onderwysers en die heropleiding en professionele opgradering van ervare leerkragte binne 'n onderhandelde dienskontrak.

In ons strewe na wreldklasonderwys speel gedissiplineerde en goed opgeleide leerkragte 'n sleutelrol in die daarstel en handhawing van standaarde, soms onder moeilike omstandighede.

*Ten tweede, op die terrein van wiskundige en wetenskap - die agb Minister het vandag daarna verwys - staar Suid-Afrika 'n enorme krisis in die gesig. In globale terme word Suid-Afrika ernstig onderverteenwoordig in wetenskappe, ingenieurswerk en tegnologie. Die getal leerlinge en studente wat wiskunde, wetenskap en ingenieurswese op skool neem, is nie genoeg om aan die eise van ons land se ontwikkelende ekonomie te voldoen nie.

Dit is in die eerste plek gedeeltelik toe te skryf aan die gebrek aan gekwalifiseerde onderwysers en, in die tweede plek, aan 'n gebrek aan algemene gewildheid. In 1998 het 1,5% van die studente gematrikuleer met wiskunde en wetenskap op horgraad, en die meerderheid van hulle was steeds blank. In 1997 - en dit is baie kommerwekkende syfers hierdie - het 30% van die 38 000 kandidate wat in die Wes-Kaap matriek geskryf het, wetenskap gedruip en 49% het wiskunde gedruip.

In hierdie verband wil ek graag van hierdie geleentheid gebruik maak om die agb Minister te bedank vir haar belangstelling in die doeltreffende onderrigprogram van mnr John Bransby. Ek het die voorreg gehad om die voordeel van sy onderrig te h. In sy hele loopbaan het hy bykans nooit 'n druipeling in wiskunde of wetenskap gehad nie.

Ons sien uit na die ontbyt in hierdie gebou op 22 Maart, waartydens die agb Minister die hoofspreker sal wees saam met prof Kahn van UK, wat die adviseur vir wiskunde en wetenskap aan die nasionale Minister van Onderwys is. Hierdie ontbyt sal bygewoon word deur baie vooraanstaande figure uit die privaatsektor wat versoek sal word om deel te neem aan 'n revolusionre program om wiskunde en wetenskap in die provinsie op te gradeer. Ek dink regtig dit is omtrent tyd dat die privaatsektor bymekaar staan en begin om mense aan te moedig en hande vat en hierdie departement help om mense te onderrig.

In 'n baie goeie artikel deur Michael Kahn wat in die Sunday Times gepubliseer is, het hy ges dat daar nog genoeg tyd was om te voorkom dat ons toeskouers in die nuwe millennium word. Om te bou wat 'n mens 'n kultuur van wetenskap en tegnologie kan noem, verg dat daar formele skool- en informele wetenskapondervindinge voorsien en gekoester word. Informele wetenskapondervindinge bevorder weetgierigheid in kinders. Dit behels studie deur doen, noukeurige observasie, probeer- en -tref, seleksie en nagaan. As 'n mens hierdie vroe ervaring kort knip, kan latere studie benadeel word.

As ons na die syfers van ons gemeenskappe hier in Suid-Afrika kyk, as ons kyk na wetenskaplikes en ingenieurs, het ons slegs 3,3% uit elke 100 000 in die bevolking; terwyl die VSA 21,5% en Japan 7,1% het. Dit is waarlik 'n uitdaging vir die nuwe millennium.

Ten derde wil ek graag met die agb Minister praat oor morele standaarde en dissipline in ons skole. Ek moet s dat ek, uit die oogpunt van die ACDP, nie saamstem met haar siening oor lyfstraf nie. Ons glo egter dat dissipline verbeter moet word, en ek sien dat die agb Minister 'n leidende rol daarin vervul het. [Tussenwerpsels.]

Dit lei geen twyfel nie dat daar verswakkende morele standaarde in die skole is. Ek wil net graag die agb Minister se aandag vestig op 'n brief wat een van die ouers aan my geskryf het oor 'n spesifieke voorgeskrewe boek wat deur die Onderwysdepartement aanbeveel word, Master Harold and the Boys deur Athol Fugard. Wat ontstellend oor hierdie voorgeskrewe werk is, is dat selfs al is dit aanbeveel, dit die vuilste taalgebruik bevat en God se naam belaster.

Wat ek wel glo, is dat indien ons 'n nuwe geslag wil grootmaak en die bewaarders van ons kinders wil wees, ons die standaarde moet stel. In die lig daarvan is dit nie prysenswaardig dat die departement boeke aanbeveel wat ons nie kan ondersteun nie.

Vierdens, geen leerling kan na wense vorder en geen leerkrag kan sy/haar beste diens lewer binne en buite die klaskamer mits dit geskied binne 'n veilige, aantreklike en goed toegeruste omgewing nie. Dit is gerusstellend dat daar bewys is dat die agb Minister binne 'n beperkte begroting tog aandag gee aan hierdie saak.

*Ons wil graag die agb Minister ondersteun in haar dank aan Openbare Werke ten opsigte van die opgradering van die skole, want daar moet 'n goeie omgewing wees waarin die kinders kan werk.

Laastens is daar die hele kwessie van bemarking. Net vandag in Die Burger lees ons dat meer en meer studente na private opvoedkundige inrigtings gaan, in plaas van na openbare opvoedkundige inrigtings, en die rede is dat hulle regtig glo dat openbare skole nie die gewenste standaard lewer nie. Ek glo dat dit soms 'n mistasting is, en ek dink dat ons 'n bemarkingsoefening moet loods waardeur ons baie meer studente na openbare skole as na private skole kan trek, want dit is waar die meeste mense is.

Ten slotte, me die Voorsitter, sal die ACDP altyd sy rol vervul deur opbouende kritiek te lewer, en behou hy altyd die reg voor om te vra wat ons verkeerd doen, sodat ons altyd kan weet wanneer ons nie net die goed reg doen nie, maar eerder wanneer ons die regte goed doen.

Me A ROSSOUW: Me die Voorsitter, dit is vir my 'n besondere voorreg om aan hierdie debat deel te neem. Ek wil die agb Minister van Onderwys gelukwens dat sy met soveel passie omgee vir die onderwys van die Wes-Kaap.

Mnr E ISAACS: Hoor, hoor!

Me A ROSSOUW: Sy moes al dikwels ongewilde besluite neem, maar wanneer dit geregverdig word binne die neergelegde riglyne, en die suksesvolle opvoeding van ons kinders altyd voorop gestel word, blyk die keuse makliker te wees.

Agter haar staan 'n departement en 'n onderwyskorps waarop enige provinsie net trots kan wees. By 'n vorige geleentheid het ek dit ges, en ek wil dit herhaal: nadat van ons skoolhoofde verlede jaar 'n landwye kongres in die Oos-Kaap bygewoon het, het menige vir my ges dat hulle nou eers besef hoe bevoorreg hulle in die Wes-Kaap is en dat hulle niks het om oor te kla nie.

Me die Voorsitter, ons kan mekaar op die skouer klop en pluimpies uitdeel, maar daar is sekere werklikhede wat ons eenvoudig nie kan ignoreer nie. Jaarliks staan ons hier en spog, heeltemal tereg, met ons matriekuitslae, want elke skolier wat gepresteer het, het dit met harde werk reggekry en dit verdien.

Waar moet ons meet of die skole werklik verbeter? By die skole waar ons kinders onder moeilike omstandighede by die skool kom, hetsy omdat hul ouerhuis weens sosio-ekonomiese omstandighede nie na wense is nie en daar geen motivering of ondersteuning is nie; of omdat misdaad, geweld en bendebedrywighede dit vir die leerders bykans onmoontlik maak om 'n normale skoolloopbaan te volg; f omdat die leerders eenvoudig nie gemotiveerd is nie omdat hulle sien daar is geen toekoms vir hulle nie en hulle dikwels nie die rolmodelle het om hulle aan te spoor om hul ideale te bereik nie.

Dit is daarom vir my verblydend dat die Wes-Kaapse Onderwysdepartement nou op 'n wyer basis skole motiveer om te presteer, sodat haalbare teikens gestel kan word om erkenning te ontvang, en dit nie net vir die skole is waar leerders A-gemiddeldes behaal nie.

Die tyd is verby dat die swak prestasie van leerders slegs voor die deur van omstandighede tuis geplaas kan word, f apartheid geblameer kan word. Daar moet by almal 'n wil wees om uit te styg.

Ons sal almal die hand in eie boesem moet steek en werklik eerlik moet wees. Juis in die minderbevoorregte gemeenskappe is die onderwysers die belangrikste rolmodel en rus die onus soveel meer op hulle. Ek is oortuig dat di skole waarin dissipline geld - waar die onderwysers te alle tye respek afdwing, nie van hul klasse afwesig is vir hul persoonlike of politiese bedrywighede nie, en nie oogluikend toelaat dat leerders gedurende skoolure wegglip en op die strate ronddrentel nie - en 'n kultuur van leer is, di skole is wat sal presteer.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Me A ROSSOUW: Me die Voorsitter, die Nasionale Norme en Standaarde vir die Befondsing van Skole het by baie skole verwagtinge geskep, en meer as een van die vorige sprekers het dit vandag genoem. Baie mense het gemeen dat dinge nou sal verbeter. Die ontnugtering was oneindig groot toe gevind is dat die "goed" wat daarmee bedoel is, eintlik die negatiewe tot gevolg het.

Ek is bekommerd dat die standaarde in ons skole dalk verder kan daal. 'n Skool moet nou sy skoolgelde sodanig verhoog dat dit vir die deursnee ouer eenvoudig nie meer bekostigbaar is nie, f mettertyd van die beheerliggaamposte, wat al meer in die skole voorkom, afskaal, met duidelike gevolge vir die leerders. Trouens, sommige van die artikel 21-skole kan bykans beskou word as private skole wat in staatsgeboue gehuisves word.

By baie skole gaan dit broekskeur om kop bo water te hou. Vir die eerste keer moet skole self opdok vir munisipale uitgawes. Ons het gister weer eens die pleidooi gehoor van meer sportgeriewe vir die skole. Hoe graag sou ons nie al hierdie fasiliteite daar wou gehad het nie! Weer eens sal hierdie ekstra uitgawe daardie begeerte kniehalter.

Met die hantering van die Aansuiweringsbegroting was dit vir my verblydend toe ek opgemerk het dat die Departement van Werke betrokke is by projekte om gras by sommige van die skole te plant. Dit is 'n pragtige ideaal om te bereik. Maar gesien die tekort op die begrotings van al die skole, was dit so 'n sinvolle besluit? Kon die ouers nie eerder by 'n ander projek betrokke geraak het sodat die skoolgronde geplavei kon word met 'n kleiner grasgedeelte nie? Dit is tog nodig dat 'n kind ook sal leer om op gras lekker te speel.

Me die Voorsitter, die plaaslike owerhede sal eenvoudig 'n ander houding moet ontwikkel jeens die behoeftes van die skole. Die skole is immers die grootste bates in die gemeenskap. Terselfdertyd sal die skole met 'n opvoedingstaak moet begin om ook lekkende krane heel te maak, krag meer spaarsamig te gebruik en op vandalisme in die skole te let. Respek sal gekweek moet word vir die eiendom van ander.

Me die Voorsitter, daar sal dringend ondersoek ingestel moet word na die proses wat gevolg is om die Nasionale Norme en Standaarde vir die Befondsing van Skole by die skole vas te stel en dit te kategoriseer. Daar is te veel klem geplaas op die fisiese fasiliteite wat, hoewel dit belangrik en van groot waarde is, nie die werklike probleem weerspiel nie, omdat die sosio-ekonomiese omstandighede in der waarheid bepaal of 'n ouer in staat is om 'n bydrae tot skoolfondse te kan lewer.

Dit blyk dat die voedingskemas by skole wat nie onder Kategorie A, B of C ressorteer nie, met ingang van 1 April 2000 gestaak sal word. Die kategorie kan nie die enkel bepalende faktor wees nie. In bitter baie skole is oneindig baie behoeftige kinders, en groot ongelukkigheid heers daar.

Ek wil die agb Minister van Onderwys bedank vir haar simpatieke hantering van die gevalle waaroor ek navraag gedoen het. Ek glo daar sal 'n oplossing vir hierdie probleem wees. Maar waarom was dit nodig om eers beswaar aan te teken? Baie van die skole is 12 jaar tot 18 jaar gelede laas ordentlik geverf, en dit is die laaste datum waarop instandhouding plaasgevind het. Aan die einde van die dag gaan dit vir die departement oneindig baie meer kos om daardie skole weer op standaard te kry.

Ek wil in die verband 'n pleidooi rig vir spesifiek twee skole in my gebied, naamlik die Primre Skool Steynville op Piketberg en die Primre Sekondre Skool Schoonspruit op Malmesbury.

Me die Voorsitter, dit het ook onder my aandag gekom dat daar aan die einde van 1999 'n wetswysiging plaasgevind het rakende bestuursliggaamposte. Di wetswysiging bepaal dat die pos van 'n lid van 'n bestuursliggaam wat vanaf die begin van hierdie jaar nie meer 'n ouer is nie, vakant raak, en dat 'n tussenverkiesing gehou moet word. Gesien in die lig daarvan dat ons in Augustus die algemene bestuursliggaam-verkiesing hou, hoe geregverdig is so 'n besluit? Waarom kon hulle nie eenvoudig lede gekopteer het totdat die termyn verstryk nie?

Die tussenverkiesings plaas nou 'n ekstra las op die skole. Die kieserslyste moet op datum gebring word en die ouers word op die bestuursliggame verkies vir 'n maand of twee. [Tyd verstreke.]

*Me K A MQULWANA: Me die Voorsitter, ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om die amptenare van die departement, veral mnr Brian O'Connell, te bedank vir hul harde werk en toewyding tot hul werk. Knap gedaan!

Ek wil dit voorts graag in die openbaar stel dat hierdie departement een van die min departemente by SKOF was wat 'n duidelike plan ten opsigte van hul programme gehad het. Ek bedank hulle daarvoor. Dit dui daarop dat die departement deur 'n vooruitstrewende Direkteur-generaal gelei word.

Die voorafgaande opmerkings is nie bedoel om aan te dui dat alles, soos die agb Premier beweer, goed gaan in die provinsie nie. Ek wil h dat ons vandag moet fokus op een van die skole in die Strand, genaamd die Horskool Kanyolwethu. Die skoolhoof is mnr Qaba. Ek wil verskoning aanbied vir hul afwesigheid, maar hulle beskou hul werk as hul prioriteit, selfs al het hulle beplan om vandag na die debat te kom luister.

Ek wil h dat alle agb lede 'n indruk moet h van die omstandighede by hierdie skool. Ek wil ook h dat die agb Minister moet optree ten opsigte van hierdie omstandighede. Die klaskamers verkeer in 'n swak toestand. Die vensters is stukkend, daar is nie behoorlike meubels nie en die vloere is van sement gemaak. Daar is ook 'n ho voorkoms van vandalisme. Vanwe die sosio-ekonomiese probleme in hierdie skool het die gemeenskap begin met 'n veldtog om hulle te help. Die mense van die gemeenskap is daartoe verbind om te verseker dat hul kinders 'n behoorlike opvoeding kry.

Ek wil ook beklemtoon dat die agb Minister die politieke wil moet ontwikkel om in hierdie verband behulpsaam te wees. Sy was veronderstel om die skool te besoek, maar hulle het tevergeefs gewag. In ooreenstemming met die verbintenis van die nasionale Regering om 'n leerkultuur te bevorder, het die nasionale Minister van Onderwys die skool besoek om die moraal van die onderwys, leerders en beheerliggaam in die omgewing op te kikker.

In my vorige toespraak het ek my steun vir die agb Minister se program en planne vir die departement uitgespreek. Ek dink ook dat sy haarself nou daartoe moet verbind om hierdie skool te besoek om te probeer om die omstandighede daar te verander.

Daar is 'n baie ho vlak van toewyding aan die kant van die onderwys, selfs onder hierdie moeilike omstandighede. Ek kan verstaan waarom die agb Minister huiwer om haarself te verbind. Hierdie leerders kom uit die agtergeblewe gemeenskappe en my gevolgtrekking is dat sy minder belangstel in hul opvoeding. [Tussenwerpsels.]

Daar is 'n verdere behoefte, en dit is om die vervoerstelsel van hierdie skool te verbeter. Leerlinge kom laat om verskeie redes, en een hiervan is die vervoerprobleem. Daar is slegs twee busse wat die eerste groep moet vervoer en hulle kom eers daarna by die tweede groep. In party gevalle begin die skool eers om 09:30 en ek dink nie dat dit deel is van die plan van die agb Minister nie.

In hierdie skool het hulle 'n lewensvaardighede program ontwikkel en probeer hulle om aandag te gee aan MIV/Vigs, maar hulle het die ondersteuning van die agb Minister nodig.

Ek wil by die agb Minister weet waarom daar geen inisiatief was om die omstandighede by hierdie skool te verander nie. Is dit omdat daar 'n gebrek aan klem op die opvoeding van leerders uit voorheen benadeelde gemeenskappe is of nie? As sy daartoe verbind is om verandering in hierdie verband te bespoedig, moet sy binne twee maande aan hierdie Huis terugvoering gee oor die vordering by daardie skool.

Ek wil voorts aanvoer dat solank daar 'n gebrek aan transformasie op verskeie terreine in die provinsie is, ons nooit sal swyg nie. Ons glo dat indien hierdie toedrag van sake in een van die voormalige Model C-skole geheers het, die agb Minister nie sou gehuiwer het om op te tree om dit te verander nie. Ek stel voor dat die agb Minister optree oor hierdie saak en binne die volgende twee maande aan die Huis terugrapporteer.

Dr A E VAN ZYL: Me die Voorsitter, ek wil ter aanvang die agb Minister van Onderwys gelukwens met haar 2000-01-begroting. Van die oomblik wat sy die amp as Minister aanvaar het, het sy haar onophoudend en met entoesiasme toegespits op haar taak om die onderwys in die Wes-Kaap op alle vlakke te verbeter. Ek wil die agb Minister bedank vir haar groot bydrae tot die projekte vir die voorkoming en verspreiding van Vigs by die skole.

Ek wil ook mnr O'Connell bedank - hy het my lewe gered! [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, omtrent vandalisme by skole kan ek ook net s dat dit hartseer is om di soort vernielsug by ons mense aan te tref.

*As ons berigte lees soos die een op 13 Januarie 2000 onder die opskrif, "School vandals wreak holiday havoc", wat berig dat 1 400 glasruite stukkend geslaan is en vullis en handboeke rondgegooi is, moet almal bekommerd wees. Ek is seker dat daar 'n groot behoefte bestaan aan die Begroting van R11 miljoen vir die agb Minister se veilige skole-oogmerk, maar dit moes nie nodig gewees het nie.

As 'n oplossing vir die probleem moet ons miskien die volgende oorweeg: ten eerste, die indiensneming van sowat 20% plaaslike onderwysers wat in die nabye omgewing van die skole moet wees en vandale sou kon afskrik; ten tweede, die onderwysers moet aangemoedig word om terug te trek na die dorpe waar hulle in diens is; en ten derde, die stigting van naskoolsentrums waar kinders kan speel, hul huiswerk kan doen, die biblioteek kan besoek of kan slaap. Dit sou ook 'n vorm van werkskepping kon wees.

Rakende die sleutel regeringsuitset, verbetering van openbare vertroue in die skoolstelsel, die volgende: Suid-Afrika, soos alle lande, het 'n lewenskragtige openbare onderrigstelsel nodig. Een van die grootste uitdagings waarvoor onderwys tydens hierdie tydperk van transformasie te staan kom, is die ontwikkeling van 'n stelsel wat aan die behoeftes van die hele bevolking voldoen. Dit klink miskien soos 'n clich om te s dat ons nie almal die verlede op dieselfde wyse beleef het nie, maar hierdie feit is nrens meer toepaslik nie as op ons onderwysstelsel as geheel, en meer spesifiek op skoolonderrig.

So 'n lewenskragtige openbare skoolstelsel sou die volgende kenmerke moes h: dit sou gehalteonderrig vir al die leerders moes verskaf; onderwysers sou vertroue in die stelsel moes vertoon; en daar sou meetbare aanwysers moes wees wat aan die publiek die een of ander konkrete manier sou bied om die sukses daarvan te beoordeel.

Die beklemtoning van die behoefte aan 'n lewenskragtige openbare skoolstelsel beteken hoegenaamd nie dat 'n mens die belangrikheid van die rol wat deur die onafhanklike skolesektor vervul word, geringskat nie. In hierdie provinsie het ons 'n baie sterk onafhanklike skolesektor gerf, wat strek van goedgevestigde skole met goeie hulpbronne tot di wat 'n diens aan die armes en die minderbevoorregtes lewer. Maar die maatstaf van die sukses van die onderwysstelsel sal op die openbare skoolstelsel konsentreer. Dit verg egter die ondersteuning van die hele gemeenskap, en nie net die ondersteuning van leerders se ouers nie. Die publiek as geheel moet vertroue in die stelsel kan vertoon. Die uitdaging waarvoor die agb Minister, die WKOD en inderdaad ons almal te staan kom, is om 'n rol te vervul in die bou van sodanige vertroue.

Ons moet kan onderskei tussen gesoleerde probleme wat mediapublisiteit geniet en ons beoordeling van stelsels. Om geslaagd te wees, moet dit voldoen aan die behoeftes van die leerders en individuele skole moet volledig in hul gemeenskappe gentegreer word en as gemeenskapsbates beskou word. Daar word erken dat dit histories nie altyd die geval was nie. Daar is egter aansienlike getuienis wat daarop dui dat dit vinnig aan die verander is en dat baie gemeenskappe hul gesindheid teenoor hul skole dramaties verander het.

Daar is presedente in ander lande van 'n uittog uit die openbare skoolsektor na onafhanklike skole, veral deur die middelklas. In party lande was dit dramaties. Dit is betekenisvol om te weet dat dit nie in die Wes-Kaap aan die gebeur is nie, maar dit lyk asof die koerante hieroor verskil.

Ek kan nie namens ander provinsies praat nie. Sodanige uittog sou sekerlik 'n aanduiding wees van 'n gebrek aan vertroue in die stelsel en sou sekerlik nadelig wees vir die stelsel. Ondanks die feit dat baie negatiewe publisiteit aan baie aspekte van onderwys gegee is, wat waarskynlik in 'n oorgangstydperk onvermydelik is, en spesifiek een wat tegelykertyd sulke radikale veranderings ondergaan het, lyk dit asof onderwys in hierdie provinsie aan die herstel is.

Kom ons kyk na party van die veranderinge wat plaasgevind het. Die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet 84 van 1996), het die bestuur van en beheer oor ons skole dramaties verander. Di stappe in die rigting van billikheid in die verskaffing van hulpbronne het die WKOD gedwing om die getal onderwysposte oor die afgelope paar jaar met 'n hele paar duisend in te kort. 'n Nuwe leergang is ingestel en word reeds in Grade 1, 2, 3 en 7 aangebied. Arbeidsooreenkomste het die prosedure vir die vul van vakatures verander.

Dit is maar 'n paar van die uitdagings wat bygedra het om 'n mate van onsekerheid in die gedagtes van die publiek te skep. En dit het alles gebeur terwyl ons 'n samelewing in oorgang en in isolasie was.

Party mense het aangevoer dat ons te veel op dieselfde tyd probeer verander het. Of dit waar is of nie, die feit bly staan dat die skoolstelsel baie intensiewe aandag geniet het. Desondanks lyk dit asof daar 'n vertroue in die stelsel na vore kom. Daar word erken dat dit nie van alle skole ges kan word nie, en die agb Minister en die departement staar baie uitdagings in die gesig in die hantering van skole waar probleme voorkom.

Me die Voorsitter, die belangrikste uitdaging is om al ons skole te ondersteun, op watter vlak van ontwikkeling hulle ook al is. Die agb Minister en haar departement moet verseker dat hulle 'n gepaste struktuur daarstel en dat hul amptenare toepaslik opgelei is om aan die behoeftes van die skole te voldoen. [Tyd verstreke.]

*Me M G VANTURA: Me die Voorsitter, aangesien die agb Minister van Onderwys 103 skole besoek het, wil ek haar graag meedeel dat ek met dieselfde projek besig is, maar ek konsentreer nie net op onderwys nie. Ek benader die probleem holisties. Ek besoek nie net skole nie, maar kyk ook na die sosio-ekonomiese omstandighede in die omgewing self, en so meer.

Vandag wil ek op een spesifieke skool, die Senior Sekondre Skool Manenberg, konsentreer. Ek sal probeer om dit nie te verpolitiseer nie. Hierdie skool waaroor ek gaan praat, sal as 'n maatstaf dien ten opsigte van wat by horskole in die agtergeblewe gebiede aan die gang is.

Die Senior Sekondre Skool Manenberg het 'n trotse geskiedenis op opvoedkundige gebied. Sedert hy in 1976 geopen is, was hy, en is hy steeds, gesen met begaafde en toegewyde onderwysers. Die skool het studente gelewer wat nou dosente in die inligtingstegnologie- en ekonomiese departemente van die Universiteit van Stellenbosch is, radiolo, geoktrooieerde rekenmeesters en kommissarisse van die KVBA. Dit is net 'n paar van die vele studente wat sukses behaal het. Verskeie onderwysers uit Manenberg dien nou in die departement as areabestuurders en kringinspekteurs.

Die Senior Sekondre Skool Manenberg het 996 leerlinge en 28 onderwysers, met 'n gemiddelde van 37 leerlinge per klas. Daar is 69 leerlinge in 'n klas in Graad 9 en 55 in Graad 8. Daar is 'n tekort aan ongeveer 400 banke. Leerlinge moet in die klaskamer indruk, drie per bank. Leerlinge storm na die klaskamers om 'n bank in die hande te kry en dan maak hulle aanspraak op eienaarskap daarvan. Dit lei tot voortdurende konflik. Dit neem die onderwyser 10 minute om die klas onder beheer te kry voordat hy of sy met die les kan begin. Dit lei tot ernstige dissiplinre probleme.

Ons klaskamers is nie gebou vir 50 of meer leerlinge nie. Op warm dae word party leerlinge selfs flou tydens klasse en die klasse word dan weer eens ontwrig. Onderwysers moet gedurig studente kalmeer wat ingeperk word tydens klasse. Hulle het geen persoonlike ruimte in die klaskamers of op die speelterrein nie, waar die ruimte verminder word deur ho heinings. Dit lei tot mondelinge en selfs fisiese aanranding in die klaskamers en op die speelterrein.

Daar is agt klaskamers wat leeg staan in Manenberg. Die onderwysers het briljante idees oor die aanwending van daardie klaskamers, maar 'n gebrek aan finansile hulpbronne verhoed hulle om hierdie oogmerke te verwesenlik.

Soos ons almal weet, is Manenberg 'n lae-inkomste ghettobuurt met 'n werkloosheidsyfer van 70%. Ten minste 60% van die leerlinge in Manenberg word met behulp van onderhoudstoelaes grootgemaak. Die skool kan op hoegenaamd geen manier ooit sy volle potensiaal verwesenlik nie, veral nie as 'n mens dit vergelyk met 'n sekere voormalige Model C-skool nie, wat 'n begroting van R3,5 miljoen het, waar sakelui ruim bydra tot die werknemers se kinders, 23 beheerliggaamposte gevul is, die onderwysers aansporings van tot R250 000 per jaar betaal word en selfs die skoolhoof 'n toelae ontvang om vooruitgang by die skool te inisieer.

In Manenberg is die skoolgeld R150 per jaar, die laagste in die omgewing. In Februarie is slegs R60 000 uit 'n potensile bedrag van R144 000 ingevorder. Die skool moes besnoeiings in begrotingstoewysings verwerk en dit het 'n invloed op die dienslewering. In 1995 was die toewysing R82 000. In 1998 het dit afgeneem tot R61 000. Watter maatstawwe word gebruik as toewysings gemaak word? Dit lyk asof skole op grond van matriekuitslae gegradeer word en nie holisties benader word nie.

Transformasie is definitief nie besig om by Manenberg te geskied nie. Daar is ook 'n geslagswanbalans op bestuursvlak en 'n gebrek aan hulpbronne om UGO behoorlik in werking te stel. Skole met goeie matriekuitslae ontvang aansporings van die agb Minister. Watter maatstawwe word gebruik? Dit is duidelik dat daar inkonsekwenthede in hierdie toewysings is. Hoe ontleed 'n mens goeie uitslae?

Ek kom by Habiba, 'n 1999-matrikulant wat ses As in 'n ry by die Senior Sekondre Skool Manenberg behaal het. Sy was nie onder die Top 20 nie, wat terloops almal blank was. Beteken dit dat blanke kinders beter of slimmer is? Beslis nie! Habiba het nooit die geleentheid gehad om musiek, kuns, drama, en so meer, te neem nie.

Verandering gaan nie oor 'n besoek aan skole nie, maar oor duidelike beleidsrigtings oor regstelling vir die minderbevoorregte skole. Ons is deur apartheid benadeel en dit moet nou verander word. Die tyd raak min.

Ek ondersteun die oogmerke en doelwitte wat deur die departement uiteengesit is, ten volle. Ek dink dat regstellende aksie ook op die lewens van ons kinders toegepas moet word. [Tyd verstreke.]

Die MINISTER VAN ONDERWYS: Me die Voorsitter, ek wil graag die agb lid mnr A J Williams hartlik bedank vir sy baie positiewe bydrae, nie net in die toespraak vandag nie, maar in al die bydraes, ook di van die staande komitee en sy personeel gedurende die jaar. Dit word baie waardeer. Veral as kritiek gelewer word, neem ons dit baie ernstig op en kyk ons of ons nie dinge kan verbeter op grond van wat ges is nie. Ek wil hom bedank vir alles wat hy in di opsig vermag het.

Hy het ook die nuwe bedeling vir ons studente met gedragsprobleme baie mooi uiteengesit. Ek hoef dus nie nou verder tyd daaraan te bestee nie, behalwe om kortliks kommentaar te lewer op 'n probleem wat hy geopper het, wat van ene mnr Lewis op 'n vergadering in Wellington gekom het. Die persepsie wat klaarblyklik bestaan, dat die leerders van nywerheid- en verbeteringskole wat deur die howe daarheen verwys is goedsmoeds in hoofstroomskole teruggeplaas kan word, is foutief. Ek beklemtoon dit hier en stel dit absoluut kategories, dit is foutief. Sodanige leerders sal steeds in die toekoms by hierdie sentrums geakkommodeer word. Die leerders met gedragsprobleme wat hulle tans in hoofstroomskole bevind, sal in die eerste instansie by di skole ondersteun word om hul probleme te oorbrug. As dit onmoontlik is, het ons 'n hele stelsel wat vir hulle kan sorg. Ek bedank hom dus vir daardie uiteensetting.

Die agb lid mnr Williams het ook verwys na die benoeming van skole en die probleme daarmee. Ek stem heeltemal met hom saam. Ek kon dit aan die begin van my termyn glad nie verstaan nie, maar ek is daarop attent gemaak dat ons wel met 'n proses begin het om die hele ding te verander. Dit is 'n komplekse proses wat spruit uit die feit dat ons vier vorige departemente saamgesmelt het. Dit is 'n geweldige belangrike en moeilike proses, want baie van die skole is geheg aan hul name. Dit is soms baie moeilik om dit te verander, maar dit is dringend noodsaaklik.

Oor die voedingskema, waarvan die agb lid mnr Williams ook melding gemaak het, is dit so dat dit onder die beheer van die Departement van Gesondheid is. Ek was baie bekommerd toe ek hoor dat hulle ons data van die Norme en Standaarde vir die Befondsing van Skole vir die voedingskema gebruik het. Ek het gevoel dat dit heeltemal onbillik is om die toestand van 'n gebou te neem as kriterium vir 'n voedingskema. Ek het onmiddellik aan die agb Minister van Gesondheid geskryf en hy het my gister verwittig dat hulle daardie stelsel definitief vanjaar nog gaan verander. Dit is onbillik soos dit tans in werking gestel is en hulle gaan dit wel verander. Ek is baie dankbaar daarvoor.

*Dit gebeur nie dikwels dat ek s dat ek saamstem met baie van wat die agb lid mnr Gabru ges het nie, maar dit is hierdie keer vir my aangenaam om dit te kan s. Verandering is ingewikkeld en dit is dikwels chaoties. Ons gee dit toe. Ons probeer nie om linire meganiese veranderings teweeg te bring nie, maar 'n mens moet leiding en rigting gee. Een van my grootste bekommernisse, soos die agb lid ges het, is Kurrikulum 2005 en die geweldige ingewikkeldhede en probleme wat daarmee gepaard gaan. In wese is die UGO 'n goeie konsep. Ons begin met die einde in gedagte, soos die agb lid mnr Louis ges het, formuleer die ontwikkeling en al die uitsette wat ons wil h die kinders op elke vlak van 'n skoolstelsel moet bereik en dan begin die leergangdeskundiges om dit voor te berei sodat die onderwysers weet wat om in die klaskamer te maak en dit vir die eindgebruiker maklik is om dit in werking te stel.

Ek is bevrees dat Kurrikulum 2005 'n baie goeie en eenvoudige konsep geneem het en dit potensieel verander het in iets wat so ingewikkeld is dat dit selfs vir party van die deskundiges moeilik is om te verstaan. Die onderwysers wat geweldig moeite doen om Kurrikulum 2005 onder beheer te kry, het geweldige voordele vir hul studente bewerkstellig. Baie ander onderwysers weet eenvoudig nie wat aan die gang is nie. Hoe hulle ook al probeer en hoeveel moeite hul ook al doen, hulle s steeds oral in wanhoop aan my: "Wat moet ons doen? Ons verstaan nie wat ons veronderstel is om te doen nie." Dit is 'n baie ernstige bekommernis en ek hoop sekerlik dat die opdrag van die Hersieningskomitee wyd genoeg is dat hulle tot die kern van die probleem kan deurdring en eerlik kan wees oor oplossings, wat baie verreikend sal moet wees, veral op die terrein van leerderhulpbronmateriaal of handboeke.

Een van die enorme mislukkings van daardie geweldige en ambisieuse poging tot leergangverandering was dat daar 'n algehele onderskatting was van watter leerderondersteuningsmateriaal regdeur die stelsel nodig sou wees om dit te bewerkstellig. Toe die koste bereken is, het dit honderd miljoene rand beloop, wat in ons land heeltemal onbekostigbaar is. Ek neem aan dat die mite daar ontstaan het dat ons nie handboeke nodig het om Kurrikulum 2005 te bedryf nie. Niks kan verder van die waarheid verwyder wees nie.

Hoewel baie van ons onderwysers heeltemal kleitrap omdat hulle nie verstaan wat hulle moet doen nie en hulle nie studiemateriaal het om hulle te lei nie, sal ons agterkom dat die nalatenis van hierdie beoogde hervorming inderdaad baie ernstig kan wees. Ek hoop wel dat ons die nodige moed het, en as hierdie Hersieningskomitee met groot aanbevelings vir verandering na vore kom, sal ek sekerlik geen partypolitieke vlie daaroor probeer vang nie. Agb lede sou gemerk het dat ek myself tot dusver daarvan weerhou het om dit te doen. In hierdie debat het ons 'n oop gesprek, maar hierdie kwessie van leergang is heeltemal te ernstig dat enige politieke party punte vir goeie gedrag kan probeer aanteken.

Ten tweede, wat die kwessie van die vervalste rapporte betref, het ek beslis die nasionale Minister van Onderwys ingelig gehou. Gisteraand was die laaste keer toe ek die saak en wat aan die gang was met hom bespreek het. Daar is geen opdragte uit enige nasionale kantoor gegee nie en na my wete is geen opdrag ook ooit aan iemand gegee om te s dat die nasionale kantoor opdragte uitgereik het nie. As enigiemand dit s, het hulle sonder magtiging opgetree. Ek kan agb lede daarvan verseker.

Ek kan egter nie met die agb lid mnr Gabru saamstem as hy s dat ons konsensus onder alle rolspelers moet bereik as ons vermoed dat grootskaalse wanadministrasie, wanbestuur en moontlik korrupsie plaasgevind het nie. Verwag die agb lid dat ek die instemming van alle betrokkenes moet kry voordat ons ingaan en die dokumente verkry om te bepaal of daar grootskaalse bedrog aan die gang is? Enige forensiese ouditeur aan wie ons dit s, sal ons bloot uitlag. As dit in Pinelands gebeur het, sou ons natuurlik presies dieselfde gedoen het, maar ek kan agb lede inlig dat die onderwysers en die ouers ook dieselfde sou doen - lank voordat die departement dit sou moes doen. Dit is waaroor skoolgebaseerde bestuur gaan. Mense verdra nie wanadministrasie en swak bestuur nie, laat staan nog korrupsie. Ons hoop dat dit na al ons skole sal uitbrei. 

Ons deel sekerlik nie die gedagte dat ons nie 'n prerogatief kan uitvoer om te regeer nie en dat almal moet saamstem voordat ons enigiets doen nie. Ons sal in die openbaar rekenpligtig gehou word en ons sal ander mense in die openbaar rekenpligtig hou vir die wyse waarop hulle die inrigtings bestuur wat aan hulle toevertrou is, sodat ons verseker daarvan kan wees dat ons teenoor die publiek rekenskap kan gee vir die besteding van hul geld.

Die uitslae van hierdie ondersoeke, vir die inligting van die agb lid mnr Gabru, is byna voltooi. As hy die uitslag sien, sal hy saamstem dat ons optrede heeltemal geregverdig en regdeur die stelsel as geheel nodig was, maar ons het nie sy instemming nodig om dit te doen nie. Ons moet eenvoudig doen wat reg is, want ons weet dat ons die verantwoordelikheid het om ons skole so ver te kry dat hulle behoorlik funksioneer, veral ons minderbevoorregte skole.

Oor die nasionale norme en standaarde het ons toegegee dat die uitslag van hierdie proses nie ideaal was nie. Ek wil agb lede egter meedeel, in die lig van die woordryke kritiek wat party van hul bedmaats gemaak het, dat die feit van die saak is dat daardie maatstawwe gegrond is op nasionale ooreenkomste wat ons in hierdie Provinsie in werking gestel het. Ja, ons aanvaar dat die klem op fisieke geriewe heeltemal te groot was. Dit is die punt wat ons nog al die tyd gemaak het. Gelukkig is ons standpunte nou gehoor en ons is tans besig om die maatstawwe vir die norme en standaarde te hersien.

Voorts was daar baie kritiek op die feit dat skole in vergelykbare buurte verskillende toewysings ontvang het. Ek het beslis na Bishop Lavis gegaan, danksy die agb lid mnr N M Isaacs, en van skool tot skool daar gegaan. Ons het in besonderhede op hierdie saak ingegaan. Toe ons teruggegaan het, het ons gesien dat baie van die foutiewe data ontstaan het in die nasionale register van skoolbehoeftes, of in die data wat skole, dikwels in goeie trou, aan ons voorsien het. Die probleem is daarom nie noodwendig in die model gele nie; dit l in die data wat daarin ingevoer word deur die mense wat veronderstel is om dit aan ons te gee. [Onhoorbaar.] ... rommel in, rommel uit, maar ons gee wel toe dat die maatstawwe hersien moet word en ons is besig om dit baie deeglik te doen. Ons hoop dat ons vanjaar nader daaraan sal kom om die oogmerke van groter billikheid met onderwys te verwesenlik deur die toepassing van die norme en standaarde.

Ek wil ook na die bydrae van die agb lid mnr Lewis verwys, en hom daarvoor bedank. Hy s daar is geen transformasie in die provinsie nie, en dat alles te wyte is aan nasionale inisiatiewe. Ja, beleid is wel 'n nasionale aangeleentheid. Soos die agb lid wel weet, is nie elke inisiatief of beleidsrigting van nasionale kant ter ondersteuning van transformasie nie. Trouens, die teendeel is baie dikwels die geval. Ek dink egter die geskiedenis gaan ons leer watter provinsie die beste die transformasieproses in die onderwys aangepak het. Ek wil nie eintlik nou daaroor debat voer nie. Dit het geen nut nie. Die tyd sal wel leer, en dan kan ons daaroor praat.

Vennootskappe, wat ons "twinning" noem, moedig ek ten sterkste aan en dit gebeur tans oral in die onderwys - die deel van geriewe, sportvelde, rekenaars, en so meer. Die skole neem die inisiatief en dit maak 'n baie groot verskil. Ek hoop die agb lid sal ook voortgaan om dit aan te moedig. Ek bedank hom vir sy bydrae.

*Wat die bydrae deur die agb lid mnr Louis betref, ons het wel nog baie werk om te doen. Ek gee nie voor dat dit 'n maklike pad is of dat daar enige kitsoplossings is nie. Selfs al werk ons so hard as ons kan en beweeg ons so vinnig as ons kan, kan ons nie hierdie werk vinnig genoeg verrig kry nie. As ons alles regkry, sal dit 15 jaar duur. Al wat ek sekerlik kan hoop om te doen, is om 'n paar baie kort tre op hierdie baie lang pad te gee.

Wiskunde en wetenskap verkeer in 'n enorme krisis. Dit ly geen twyfel nie. Dit is moontlik die ernstigste krisis wat ons op enige leergangterrein ondervind. Ons kan maar net doen wat ons kan.

Wat lyfstraf betref, verstaan ek wel die versoeking om dit terug te bring. Daar is sekerlik honderde skoolhoofde in die Wes-Kaap en duisende onderwysers wat met die agb lid sou saamstem. Hulle redeneer tydens elke skoolbesoek met my dat ons 'n groot fout begaan het deur lyfstraf af te skaf, maar my standpunt is dat ons alternatiewe metodes moet kry om dissipline in klaskamers te handhaaf, veral deur 'n verantwoordelikheidsin onder leerders aan te wakker, ter wille van hulle eie ontwikkeling. Ons is nog geweldig ver van die bereiking daarvan.

Ek raak soms wanhopig as ek na skole gaan en 'n algehele minagting vir gesag daar aantref. In 'n verslag wat 'n Vigs-onderrig NRO aan my voorgel het, s hulle dat hulle na 'n besoek aan 'n skool tot hul diepste wese geskok was oor die traak-my-nie-agtige benadering, gebrek aan dissipline en swak gesindheid wat deur daardie studente openbaar is. Ek weet nie of dit sal verander as 'n mens hulle slaan nie. Ek dink sekerlik nie dat dit 'n oplossing is nie, maar ek is ontsteld oor die gebrek aan verantwoordelikheid wat so baie leerders openbaar, veral omdat dit 'n maklike verskoning geword het om die verlede te blameer. Ons moet na die toekoms kyk en ons moet verantwoordelikheid aanvaar.

Ek onthou dat ek die opvoering, Master Harold and the Boys, gesien het. Dit s dalk iets oor my as ek s dat ek nie heeltemal die vuiltaal gebruik kan onthou nie. Ek dink dat die leergang en voorgeskrewe boeke terreine is waarop ons die volle verskeidenheid van literatuur moet weerspiel. Ek sal egter sekerlik daarop ingaan. As ek dink dat dit vir gewone mense aanstootlik is, sal ek dit beslis met my kollegas opneem. Ek doen nie vir 'n oomblik aan die hand dat die agb lid nie 'n gewone mens is nie, maar ek sal baie noukeurig daarna kyk. Ek bedank hom omdat hy dit teenoor my opgehaal het.

Wat private opvoedkundige geriewe betref, was daar 'n blanke uittog uit openbare skole. Dit ly geen twyfel nie. Ek het baie hard probeer om teen hierdie neiging te redeneer. Ek het probeer om teenoor die blanke middelklas aan te voer dat hulle in openbare skole moet bly, dit moet ondersteun, hul kundigheid moet gebruik, hul hulpbronne moet gebruik, dat hulle ander kinders moet ondersteun, beurse aan daardie skole verskaf en sulke stappe moet doen. Ek stem met die agb lid dr Van Zyl saam dat hierdie neiging in die Wes-Kaap op 'n baie kleiner skaal voorgekom het as in baie ander provinsies. Ek doen weer 'n beroep op ouers om die openbare stelsel te ondersteun. Ek glo egter in vryheid van keuse. Die neiging tot private onderwys is al lank 'n neiging regoor Afrika en in baie ander dele van die wreld. Om die waarheid te s, in die Wes-Kaap het ons die neiging betekenisvol in toom gehou, maar ons moet verseker dat mense in staat is om die keuses te maak wat hulle wil.

Ek bedank ook die agb lid me Rossouw vir haar bydrae. Sy is heeltemal reg dat die Nasionale Norme en Standaarde heeltemal te veel klem geplaas het op fisieke geriewe. Ek sal beslis aandag skenk aan die Sekondre Skool Schoonspruit en die Primre Skool Steynville. Ek sal dit op my lys van skole plaas wat ek moet besoek. Dit is 'n baie lang lys, so dit sal nie volgende week kan wees nie. Ek wil nie verwagtings skep nie, soos blykbaar by Horskool Khanyolwethu gebeur het, maar ek sal dit beslis doen.

Oor die verkiesing van beheerliggame wat nou plaasvind ondanks die feit dat verkiesings later vanjaar mt plaasvind, gaan ek heeltemal akkoord met haar. Ons het protes aangeteken by die nasionale rade en die nasionale Ministerie, maar dit het hoegenaamd geen verskil gemaak nie. Ek wil net vir haar s sy is heeltemal reg.

*Ek wil die agb lid me Mqulwana bedank vir haar bydrae en haar baie ander bydraes. Ek weet dat ek haar voorheen by skole en in ander omgewings raakgeloop het toe ons probeer het om sake met behulp van die gemeenskap op te los. Ek moet s dat sy baie ondersteunend was en ek wil haar bedank vir haar opbouende bydraes.

Kom ek hanteer die probleem van die Horskool Khanyolwethu en mnr Qaba. Daardie skool is een van ons mees problematiese en moeilike skole in krisis in die hele stelsel. Mnr Lyners, die Hoofdirekteur: Onderwysverskaffing, het die skool persoonlik by meer as een geleentheid besoek. Hy het aan my verslag gedoen oor die situasie by daardie skool, maar omdat ek dit nie met hom uitgeklaar het nie, wil ek natuurlik nie die inhoud van daardie verslae hier in die openbaar bespreek nie. Ek wil hom graag van harte bedank vir sy toewyding om ons skole herhaaldelik te besoek en sy bes te doen om die toedrag van sake in daardie skole te ontleed, sodat ons ons ondersteuning kan gee.

Ek is baie bly om te hoor dat die agb lid s dat daardie gemeenskap nou besig is om te mobiliseer om betrokke te raak by die verbetering van die skool. Dit is absoluut noodsaaklik en dit is daardie vennootskap wat ons probeer aanmoedig. Ons sal met hulle en met die agb lid saamwerk in 'n poging om dit te bereik.

Ek wil die agb lid meedeel dat die probleme by Khanyolwethu veel verder strek as bloot die fisiese omstandighede wat sy daar aantref. Ek wil inderdaad so ver gaan as om te s dat fisiese omstandighede baie te make het met ander faktore, met inbegrip van bestuursprobleme by skole. Dit is dus 'n absoluut duidelike kontinuum wat ons oral raakloop. Ek bedank egter die agb lid vir haar bydrae.

Ek dink ek het aandag gegee aan die meeste kwessies wat deur die agb lid dr Van Zyl opgehaal is, veral die uittog na onafhanklike skole. Sy het nog altyd 'n baie opbouende bydrae gelewer waar ons ook al was, gewys op probleme en uitdagings aan ons voorgehou. Ons waardeer dit regtig en sien daarna uit in die toekoms.

Ek kan inderdaad dieselfde s van die agb lid me Vantura, wat hartstogtelik in onderwys belanggestel het en daarby betrokke was vir so lank as ek haar ken, en dit is omtrent 15 jaar. Ek wil net aan haar s dat die Senior Sekondre Skool Manenberg nie die maatstaf vir alle inrigtings in minderbevoorregte gebiede kan wees nie. Ek stem met haar saam dat dit 'n skool in krisis is. Ek stem ook met haar saam dat dit oorvol is en ek is bekommerd oor die tekort aan banke. Ek sal onmiddellik met die betrokke kringbestuurders daarop ingaan. Maar, vanwe nasionale regeringsbeleid het ons in hierdie provinsie 8 000 onderwysers oor drie jaar verloor. Ten spyte daarvan verrig die onderwysers heldewerk en alles dui daarop dat ons die gehalte verbeter het.

Ons kan vir altyd blameer en, natuurlik, waar blaam gepas is, moet dit aanvaar word. Ons kan alles vir altyd aan beleidsrigtings van die verlede toeskryf - dit is uiters gerieflik om dit te doen - of ons kan die verantwoordelikheid aanvaar en probeer om iets daaromtrent te doen.

Nie ver van die Senior Sekondre Skool Manenberg nie is 'n skool genaamd die Senior Sekondre Skool Silverstream, met 'n buitengewoon goeie skoolhoof, mnr Jacobs, aan die hoof daarvan. Hy is juis die soort skoolhoof wat die las van die verlede erken, maar homself beskou as verantwoordelik of mede-verantwoordelik vir die skepping van die toekoms, en dit is waarom ons aan hom R100 000 gegee het om 'n rekenaarlaboratorium by sy skool te begin. Ons het dit gedoen omdat hy daardie gesindheid openbaar het en omdat hy proaktief is deur die skoolgemeenskap en ouers te mobiliseer om hul omstandighede te transformeer. Ons sal moeite beloon, veral moeite in minderbevoorregte gemeenskappe. Ons sal daardie moeite identifiseer en die beloon. Ons het maatstawwe gedentifiseer om te verseker dat ons dit op alle vlakke van die stelsel sien.

*Me M G VANTURA: Dit is die ouers daardie met die laagste inkomste. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Die feit van die saak is dat baie skole wat R20 per jaar vra - en dikwels selfs nie eens dit alles inkry nie - dikwels baie goeie, ordelike en funksionele skole is. Ek bring hulde aan die skoolhoofde en onderwysers wat dit regkry. Ek kyk na 'n skoolhoof soos die een by die Sekondre Skool Phakama, wat haarself handhaaf en aan leerlinge s dat sy hulle nie sal toelaat om te eniger tyd die skoolterrein tydens skooltyd te verlaat nie en dan te doen kry met aanvalle deur daardie selfde leerlinge wie sy belange sy probeer beskerm. Ons sal daardie skoolhoofde ondersteun en ons sal nie van hulle verwag om konsensus van die laaste persoon wat van hulle verskil te verkry voordat hulle hul leierskap uitoefen nie. Ons verwag van hulle om leierskap uit te oefen. Ons verwag van hulle om hul voet neer te sit. Ons sal hulle ondersteun as hulle dit doen. Ek wil aan agb lede s dat miljoene ouers en elke belastingbetaler ons ook sal ondersteun as ons dit doen.

Debat afgesluit.

HUIS HERVAT:

Voortgang gerapporteer.

Die Huis verdaag om 12:40 tot Maandag, 13 Maart 2000.


1254	VRYDAG, 10 MAART 2000



	VRYDAG, 10 MAART 2000	1253



1210	VRYDAG, 10 MAART 2000


